Psalm 119

Müller Crauwcamp in gesprek met John Hendriks tydens 'n program op Radio Kansel: HEERLIKHEID

Psalm 119 - 'n Kosbare pêrelhalssnoer!

Oor ‘n tydperk van vier maande het ons oor Psalm 119 gesels. Elke week. Donderdae net na 11:00 op Radio Kansel. HEERLIKHEID. Daar was tye wat ons saam gelag het en ander kere het die momentele openbaring by ons oë uitgeloop – met ‘n knop in ons keel wat die stilte oor die lug soms langer gemaak het as wat ons kon help. ‘n Verwondering oor Wie die WOORD is! Dis waaroor hierdie Psalm gaan.

muller_johnJohn Hendriks het ‘n aansteeklike liefde vir die Woord. Uit sy eie mond: ‘Die Woord se naam is Jesus en wanneer ek die Woord opneem, hoor ek sy stem. As jy iemand se stem hoor wat vir jou lief is, wat jou gered het, raak dit jou in jou diepste wese – dan is jy lief vir sy Woord’. Met sy kennis oor die Bybel se oorspronklike tale kom daar soveel nuanses uit sy praktiese verduidelikings. Maar dis nie net nagevorsde insig wat hy deel nie, dis daardie ontdekkings wat hy self by die Here kry wat hartsnare roer. Dis anders. En vars. Dit is wat elke vers kleurvol beskryf.

Kan ek myself aan jou voorstel? My naam is Müller Crauwcamp – en die gesprekke met John het my lewe verander. Spreekwoordelik kon ek altwee my brille gebruik in die bestudering van PSALM 119 – een om mee te lees en een vir ver sien. Meestal maak ek van die leesbril gebruik om vers vir vers te dissekteer; dit voel soms asof ek ‘n vergrootglas gebruik sodat die fyner besonderhede beter verstaan mag word. ‘n Heerlike ontdekkingstog na dit wat agter die oppervlak sigbaar is. Maar voor ons by die begin begin, sit ek eers die ver-sien-bril op om na die breë PSALM 119 te kyk. Dis belangrik om die groter prentjie raak te sien.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

PROLOOG – ‘n oorsigtelike blik op PSALM 119

‘n Kantlyn-opmerking

Hoe meer vertalings jy kan besigtig, hoe beter. Ons gaan heel dikwels ook Engelse vertalings aanhaal wanneer ons voel dit illustreer dinge beter. Omdat die Hebreeuse taal so ryk is, is dit soms moeilik om iets in ons verstaanbare tale te verduidelik. Soos om ‘n Mercedes in ‘n smartie boksie te wil parkeer – het ek iemand een keer hoor sê… Daar is ‘n oorlading van verskeie betekenisse opgesluit in ‘n enkele woord of letter.

‘n Paar interessante feite

  • Die opskrif van PSALM 119 gee ‘n aanduiding wat ons kan verwag: ‘Die HEERLIKHEID van die GODDELIKE WOORD’.
  • Dis die langste hoofstuk in die hele Bybel. ‘n Volle 176 verse lank. Psalm 117 is die kortste hoofstuk met net 2 verse. Psalm 118 is tussen die twee en ook die middelste hoofstuk van die Bybel – met die middelste vers in die Bybel wat net onomwonde sê dat dit beter is om op God te vertrou as om op mense staat te maak.
  • In die meeste verse van PSALM 119 skuil daar iewers ‘n woord wat na die Woord (of Bybel) verwys. Sulke WOORD-woorde is bv. wet, beginsels, getuienisse, voorskrifte, bevele, insettinge, gebooie, regverdige oordele…
  • Hierdie PSALM 119 kan ook gesien word as ‘n opsomming van die hele Skrif. Van begin tot einde. Oorspronklik was daar nie ‘n vers-indeling nie; al 176 verse was een soliede skryfstuk; die Bybel in ‘n neutedop!
  • By uitstek is PSALM 119 ‘n fyn, deeglike voorbeeld van orde. Elkeen van die 22 alfabetletters word gevolg deur 8 verse wat die spesifieke tema verwoord. 22 X 8 = 176

Hoe leer jy iemand beter ken?

As jy iemand beter wil leer ken, moet julle met mekaar praat. Om God beter te leer ken, moet ek toelaat dat Hy deur sy WOORD met my praat. En Hy praat elke dag! In die proses ontdek ons dat God se intensies met my altyd suiwer is. Hy begeer dat ek gelukkig sal wees. Soos ook in die eerste Psalm begin PSALM 119 met die woord ‘welgeluksalig’ – dis die 1953-vertaling wat hom so gebruik.

PSALM 119 is vol padaanwysings

As jy Durban toe wil ry en weier om die bordjies langs die pad te volg, vergeet dan van Durban. Spoedbeperkings is daar vir ‘n rede – veral deur Van Reenen se pas. Bordjies wat sê daar is ‘n skerp draai voor – of ‘n T-aanluiting. Draai links of regs. Die GPS-tannie sal soms sê recalculate wanneer die verkeerde afdraai geneem is – so wil God hê ons moet by die regte bestemming aankom. As jy dus in verhouding met die Here wil groei, kyk na die bordjies. Volg net die pad.

Die laaste verse van PSALM 119 beklemtoon die einddoel van hierdie weg: die kruis! Die boek eindig met die implikasie dat Jesus sê: ‘As jy My wil volg, verg dit dat jy jou eie ongeleerde, eiesinnigheid ondergeskik stel aan My – dat jy jouself verloën. Ek begeer dat jy saam aan hierdie juk trek.’ Om by welgeluksaligheid uit te kom, is die wenstreep aan die einde nogal belangrik.

Padbordjies is soos die tien gebooie. Dis nie wette nie; dis lewensriglyne wat aanduidings gee van waar om af te draai, waar om te stop, waar jy kan rus, waar jy verversings kan kry, waar slaggate is en watter spoed jy moet ry. As jy dit ignoreer, kan jy ‘n ongeluk veroorsaak.

BEGIN en EINDE

Gepraat van die begin en einde van hierdie Psalm… dit laat ‘n mens dink aan wat Jesus oor Homself gesê het in Openbaring 1:8 – Ek is die ALFA en die OMEGA. Dis die Griekse woorde (wat in die Nuwe Testament gebruik word). Die Hebreeuse woorde vir die eerste en laaste letters van die alfabet is Aléf en Tau. Ons vertaling ‘BEGIN en EINDE’ in verwysing na wie God is, is eintlik so onvoldoende. Ontoereikend! Hoekom? Want ons weet dat God eintlik nie ‘n begin het nie – ook nie ‘n einde nie. ‘n Beter vertaling sou wees om te sê dat God die BEGINLOSE en EINDELOSE is.

Joh.1:1 In die begin (Alef) was God en die Woord was by God en die Woord was God – alles begin by God en draai om God. By implikasie – God wil die eerste sê in my lewe hê en Hy wil ook die laaste sê in my lewe hê! En alles tussen-in!

Nog ‘n implikasie van die eerste en laaste letters van die alfabet: Aléf en Tau… daar is ‘n vertikale en ‘n horisontale as. Die verhouding wat ons vertikaal met God het, het ‘n lynregte invloed met ons verhouding teenoor ander mense – horisontaal.

Die TAF is ook ten slotte die prentjie van God se handtekening. PSALM 119 eindig met God se outobiografie; Ek maak My handtekening – Ek is die SKRYWER van hierdie BOEK!

Hy het onder ons kom woon

As mens is ek en jy vasgevang in tyd en ruimte en materie – maar God het gekies om Sy hemelse ongebondenheid prys te gee en soos ons vasgevang te wees in tyd en ruimte en materie. As MENS! Hy het onder ons kom woon. Eugene Peterson druk Joh.1:14 so mooi uit: He came and moved into our neighbourhood. God het in ons wêrelddorp ingekom – hoe anders sou ons met Hom kon identifiseer!? Hy het Homself tussen ons kom verstaanbaar maak deur ons taal te praat: Ek is die Begin en Einde…

WISKUNDE

Aan die einde van sy lewe het hulle vir Einstein gevra wat hy ontdek het in sy lewe – hy het gesê: ‘There is an uncoursed cause behind it all.’

‘n Onveroorsaakte oorsaak.

Hy het dit ontdek deur na die wetenskap te kyk en beginsels wat nie sigbaar is nie in ‘n taal omskep: ‘n Wiskunde-taal. Wiskundige formules kan uitdruk wat ons nie sien nie, maar as jy die beginsels volg, sien jy die sigbare effekte. Gravitasie is een voorbeeld: kan jy dit sien? Nee! Maar kan jy dit bewys? Inderdaad! As jy van die dak afspring, gaan jy die effek daarvan beleef – miskien in die hospitaal…

God is ook ‘n Wiskundige. Wiskunde is net ‘n taal waarin dit wat jy nie met jou oë kan sien nie, uitgedruk word. Die Bybel druk vir ons beginsels wat jy nie aan kan vat nie uit in ‘n algebraïse, Wiskundige taal. Oor abstrakte goed (soos bv. ewigheid) praat Hy met ons sodat ons by die ewigheid kan uitkom. Dit is daarom so betekenisvol dat die laaste letter van die Hebreeuse alfabet die prentjie van ‘n kruis is. Die teken van ‘n kruis was ook ‘n aanduiding waar ‘n skat begrawe is. Skattejag. As jy wil weet waar die skat versteek is, gaan na die voet van die kruis toe. Wandel deur 176 verse op soek na Woord-skatte. God speel nie wegkruipertjie nie; Hy geniet dit net so wanneer ek iets nuuts van Hom ontdek – al voel dit soms soos klein openbarinkies… deur al die alfabetletters!

ORDE

Daar is soveel ORDE in hierdie PSALM 119.

‘n Byekorf is ‘n georganiseerde patroon. Elke heuningkoek bestaan uit agt-kantige selletjies wat gebreek moet word voordat jy die heuning kan proe. Dis Ps.19 wat hierdie begrip eggo: die Woord is soos heuning wat geëet kan word. Soet!

Daar is 22 letters in die Hebreeuse alfabet. Elke alfabetletter word gevolg deur 8 verse wat die spesifieke letter beskryf.

Oorspronklik was elke letter ‘n prentjie-letter! Dis hoe die Hebreeuse taal ontstaan het.

A picture speaks a thousand words.

So byvoorbeeld is die eerste letter dan Aléf – dit is die prentjie van ‘n os! Binnekort bespreek ons dit deeglik, maar vergelyk net Mat.6:33 wat sê: Soek EERS die koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word. As jy by Alef begin, val al die dinge in plek.

Perikoop

Ons verwys na die AGT VERSE in elke alabetletter as ‘n PERIKOOP!

Dit is ‘n snit uit ‘n breër konteks uit – ‘n stuk studie wat onder die vergrootglas geplaas word om uiteindelik soos ‘n legkaartstuk die geheelprentjie te voltooi. Konteks.

Elke eerste vers van ‘n perikoop is ‘n nuwe begin en elke agtste vers voltooi die perikoop op ‘n oorwinningsnoot. Na die sewende dag (van rus – vgl. Genesis 1) begin ‘n nuwe begin op dag agt. Om ‘n opstandingslewe in te lei. Elke keer agt verse wat die hele PSALM 119 deur rondomtalie. Tematiese herhaling. Alfa en Omega – begin by die Beginlose om by die Kruis uit te kom met die fokus op Christus, die Eindelose – op die Woord!

En die gesindheid wat ons in die eerste verse optel, gaan oor die vraag of ek bereid is om geleer te word. Kan ek sê: ‘Here, eintlik weet ek nie, leer my wat is die beginsels in hierdie verhouding waarvan U die Meester is’. In dieselfde lig wil ek by die betekenis van die laaste vers uit te kom… om die doel van die kruis te verstaan: tetelestai! Dit is volbring.

‘n STRING PÊRELS

Die Here voer ‘n multi-dimensionele geprek met ons in PSALM 119. Dit is ‘n string pêrels; jy kan nie die string los sny en net enetjie uithaal nie, want dan is jou string daarmee heen. Sien hoe elke pêrel, elke perikoop, met mekaar hande vat. Eintlik moet die alfabetletters in ‘n sirkel staan. Die einde raak weer aan die begin. ‘n Onbreekbare sirkel.

Elke pêrel het sy eie 8 stringetjie pêrels wat onderskeidelik met mekaar ingeryg is. Hebreeuse alfabetletters – 22 van hulle – gee elkeen ‘n ander kleur en dimensie aan dieselfde Woord-pêrel. Die Pêrelkenner moedig ons aan om net ‘n paar versies onder die vergrootglas te plaas. As jy aanskuif, kyk jy weer na dieselfde Woord en ontdek die nuwe dimensies van dieselfde pêrel. Kleurryk!

 

Ek nooi jou om saam met ons elke alfabetletter met sy perikoop van nader te bekyk.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

1. Alef

Image
001

WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van die Here wandel.

002

Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;

003

ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel.

004

Ú het u bevele gegee om dit trou te onderhou.

005

Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!

006

Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.

007

Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.

008

Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie.

Os

ALEF se prentjie is die van ‘n os. ‘n Geleerde os! Die simbool is van krag en sterkte. Die eerste agt verse verduidelik dan dat God die geleerde Os is. Hy weet waaroor die lewe gaan; Hy sal jou leer. Die jong os moet deur die ouer os geleer word: waaroor gaan die lewe!? Om sin en betekenis aan die lewe te gee. In die natuur is ‘n geleerde os ‘n fantastiese ding; hy ken sy naam en as sy naam geroep word, kom hy en staan in sy ry – presies in sy plek. By sy juk om ingespan te word. By implikasie kan ek en jy ons nek saam met die Os in die juk sit. Sy las is lig en Sy juk is sag.

WEL + GELUK + SALIG

‘n Trilogie van harmonie, vreugde en genoegdoening. ‘n Agteroorsit in tevredenheid. Satisfaksie. Ander vertalings praat van GESEËND. Blessed: happy, fortunate and to be envied! Wie is dit wat so gelukkig is? Dis die mens wat WANDEL volgens die Woord van die Here. In beide die eerste vers asook in die laaste vers van hierdie Psalm is daar ‘n verwysing na die pad, die weg… die wat kies om in die voorgeskrewe pad te wandel.

‘n Definisie van gelukkig-wees, is a devouring of your reasoning by the Light. Die Here wil hê dat ons op ‘n nuwe manier moet dink sodat ons saam met die geleerde Os kan trek om ons rol en doel uit te leef – ongeag beroep. Om gelukkig te wees, moet ons ons weë skik na God se Woord.

Integriteit

Dis ‘n woord wat in ons samelewing verwaarloos word. As jy saam met My in die juk wil trek, is ongeregtigheid onwelkom. Ongeregtigheid beteken ek kan woorde toevoeg of verdraai om my te pas. Opregtheid is om nie net genadig teenoor myself te wees en die wet op ander toe te pas nie. Om in die juk saam met die geleerde Os te trek, moet ek spreekwoordelik eers die splinter in my eie oog raaksien voordat ek op die balk in iemand anders s’n fokus.

Weg / Wandel

Om te wandel met die Here (of in die wandelgange van ‘n winkelsentrum of selfs by die werk) impliseer geen passiwiteit nie. Dis ‘n aksie waarin ek erken dat Hy op die troon van my lendene sit. Wat beteken ‘lendene’? Dis waar my diepste wese is, my binne-wese – daar waar ek dink, daar waar ek idees vorm, daar waar ek dinge interpreteer. Dis hoe ek saam met die Os moet wandel. Behold the King! Hy wil op die troon van my hart sit.

Soek

As ek sê ek soek God impliseer dit nie dat God ver is nie. God is orals. Alomteenwoordig! Ek vind God in alles, in alle omstandighede. Daar is geen afstand tussen God en mens nie, maar die nuwe openbaringe wat ek van Hom ontdek, is vars. Nuut! Ontdekkings van wie Hy is, vat hande met die Alef-beginsel. Hy IS! Ek kan Hom vind in die kosmos, in die wetenskap, in chemie, in die Woord – selfs in my gewete. Ek kan Hom herken in al my omstandighede.

Bewaar / Onderhou

Hierdie begrip kom voor in verse 2,4,5 & 8. Wat is dit wat ons moet onderhou? Elke keer kom dit daarop neer dat ons die Woord moet koester. Omhels die Woord. Beskerm die Woord teen jou ou natuur. Teen selfsug. Op die manier hoe ons praat, kan ons soms die Woord lukraak uitgooi op straat. ‘n Mens beskerm dit wat vir jou kosbaar is – soos om ‘n kleinnood naby jou te hou.

HOE ons dit moet onderhou? Soms vra ons vir ‘n kind om iets te doen – hy doen dit, maar met ‘n dikbek. Teësinnig. Die teenoorgestelde is om in oordaad, baldadig gehoorsaam te wees. Gehoorsaam met blydskap.

As jy in die spieël kyk terwyl jy klaarmaak om uit te gaan, kyk jy nie na wat is reg nie; jy kyk na wat nog uit plek is. Wat moet nog reg kom? Identifiseer wat die Here wil aanspreek. Die gees waarin die Here sekere dinge uitwys, is tot jou eie voordeel. Ons kan nie die Woord wat my aanspreek, afwater nie.

Respek

Intensioneel – ingespanne – aandagtig. So moet ek na die Woord luister met die begeerte om die opdragte uit te voer. Met ‘n gesindheid van blydskap.

Lof / Prys

Eerstens is ek bewus van Sy teenwoordigheid voordat ek lof kan betuig. God is met ons – by ons! Dis die werklikheid. Wanneer ons God beter begin verstaan, is dit ‘n natuurlike uitvloeisel om uit te bars in lofprysing.

Ek sal prys wanneer ek leer (vers 7). Die wyse Os leer die jonger os. Die leer-proses verg soms harde dissipline – daar waar dit seermaak. Om geTEM te word, is om makker gemaak te word – ‘n wilde dier word mak gemaak sodat hy bruikbaar kan wees. Die woord ‘leer’ kan ook vervang word met ‘dissipel maak’. As jy in die koninkryk van God is, is jy ‘n leerder – ‘n dissipel. Die grondbeginsel van die woord dissipel is dissipline. Die jonger os word gedissiplineer, geleer, om reg ingespan te word!

Ek kan God ook loof oor die ‘regverdige oordele’ (vers 7). Van hierdie oordele kan gunstig of ongunstig wees, maar die hoof doel is sodat daar harmonie in my sisteem kan wees. Soos wat ‘n regter uitsprake kan maak om sinchronisasie as eindresultaat te kry.

Harmoniseer:
‘n Stemvurk met ‘n sekere dessibel word geslaan en ‘n ander stemvurk vibreer op dieselfde frekwensie. Dis wat die Here wil doen – in harmonie. Die groot os verteenwoordig hoe dit moet klink – die jonger os moet in dieselfde sleutel speel of sing.

Prys – die effektiefste wapen vir geestelike oorlogvoering is lof en aanbidding. Hoe jy wandel is ‘n manier van geestelike oorlogvoering: vurige pyle word afgevuur in die vyandelike gebied om chaos en verwarring te saai.

Oorwinning

Die agtste vers van elke perikoop het iets te doen met oorwinning.

As ek God sentraal het in my beredenering, in my denke, in al my omstandighede, raak ek ontslae van alle mistighede. Ek kan nooit vergeet dat Hy die eerste oorsaak is van die lewe nie; Hy het lewe aanmekaar gesit. Hy het ‘n plan met my lewe!

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

2. Bet

Bet
009

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

010

Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

011

Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

012

Lofwaardig is U, o Here! Leer my u insettinge!

013

Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.

014

Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.

015

Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.

016

Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

Jongeling

In Sondagskoolterminilogie het ek as jong seun my ‘hart vir Jesus’ gegee. Op die eerste bladsy van die Bybel wat ek by my ouers gekry het, het hulle Ps.119:9 geskryf: ‘Waarmee sal die JONGELING sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U WOORD’.

Die begrip ‘jongeling’ kan verwys na iemand wat nog jonk is in ouderdom, maar dit praat ook van die onervare jagter – soos ‘n jong leeu. God se gees binne-in ons jag om meer van SY WOORD te vind. Selfs op ‘n hoë ouderdom weet jy nog nie alles nie. Die lewe is ‘n voortgesette proses van leergierigheid.

Vers 1 en vers 9 is die beginverse van die eerste twee perikope. Daar is progressie: ons gaan nou leer hoe om die huis uit te vee, hoe om dit skoon te maak; om geesvervuldheid te verstaan en te beleef. ‘n Mens sien beter deur skoon vensters. Die Woord was ons.

Die jongeling verwys ook terug na die vorige perikoop; na ALEF, as die ongeleerde os – die jong os – wat ingespan moet word om die gewoontes van die geleerde os aan te leer.

Huis

Habitat is ‘n ander woord vir tent of huis of woning. Die huis waarin ek bly is die huis wat ek vir myself skep deur die GEWOONTES wat ek aangeleer het. Om die Woord beter te leer ken, is om goeie gewoontes aan te leer en slegte gewoontes weg te smyt. Die Engelse woord ‘habit’ verduidelik hier die kultuur van elke huis. En elke huis het sy kruis. Die vensters van die huis is deursigtig.

Die prentjie van die tweede alfabetletter, BET, is ‘n grondplan van ‘n tent. Die nomade van destyds kon goed daarmee identifiseer - en op so ‘n manier hulle verhouding met God verstaan. Die lewenspad wat ons bewandel is ‘n kruis-weg. Wat beteken dit om God te volg? Neem jou kruis op en volg My. Dit impliseer ‘n self-verloëning sodat Hy saam met my in hierdie HUIS kan woon. Om nie net hardkoppig my eie pad te wil volg nie, maar om by die Here te hoor hoe lyk die pad wat Hy vir my beplan. My ego moet aan die voete van die kruis bly sit.

God is always objectively good – we are subjectively good. Ons is goed wanneer ons daarna voel. Ons is subjektief teenoor wie ons goed wil wees.

Weg

Die wedloopbaan in die olimpiese spele is ‘n sirkel. Die wegspringplek is ook die plek van die wenstreep. Dit is die prentjie van ons lewensbaan waarin ons hardloop. ‘n Lewensiklus! In 2Tim.4:7 gebruik Paulus dieselfde woord: ek het die weg, die wedloop van die lewe, voltooi. Die skoot het geklap en elkeen is in sy eie baan – besig om te hardloop. Op hierdie pad is daar ‘n oorlog aan die gang. Net soos in enige atleet se kop, kompeteer hy teen weerstande – dit mag wees teen homself, teen liggaamsuitputting, teen natuurelemente, teen sy opponent. Dit is ‘n geveg wat aan die gang is. Die geveg moet eerstens in jou boonste verdieping gewen word; daar waar jy dink! Opsies word oorweeg en opsies word gevolg. Dit is die WEG waarvan P. 119:9 praat. 2 Timoteus is die laaste boek wat Paulus geskryf het en daarom sê hy hy het die sirkelbaan amper voltooi – hy hardloop hierdie weg om die lourierkrans as kroon te kry. (Geparafraseerd.)

2 Timotheus 4:7 ‘Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig enduit volhou’.

Hierdie direktiewe rigtingwysers op die pad is altyd tot jou eie voordeel.

Breinpaaie

Die tweede alfabetletter, BET, beteken dus ook om nuwe denkpatrone, nuwe gewoontes aan te leer. Niemand weet heeltemal hoe die brein werk nie, maar tydens trauma maak jou brein letterlik groewe wat sigbaar is. Neurologiese ontdekkings kom met verstommende feite vorendag. Die Here wil letterlik nuwe breinpaaie skep; hoe om nuut te dink. Gewoontes impliseer oefen oefen oefen. Hoe kry jy spesifieke Skrifgedeeltes onder die knie? Memoriseer. Oefen oefen oefen.

Tempel

Na hierdie huis waarin ons bly, word ook verwys as die tempel van die Heilige Gees. Met die klem op die ‘Heilige’ Gees. Die uitvee van die huis is ‘n reinigingsproses – ‘met my hele hart’ (vers 10) soek ek U. HART impliseer met my diepste wese; daardie deel van my lewe waarin net ek en God die rolspelers is. Diep geprekke. Dis waar die veranderinge gebeur. Om by die logika van God uit te kom – en om my logika ondergeskik te stel aan Syne – help my om dinge te interpreteer met Goddelike insig. Maak God se Woord jou eie – met jou hele hart.

Bêre

‘Ek het U woord in my hart gebêre’ – hoe bêre ek dit? Sommige vertalings praat van wegsteek; om dit vas te hou. Maria het ook die profetiese woorde oor haar Seun in haar hart gebêre. Aan beloftes moet vasgehou word vir wanneer die regte tyd aanbreek. Beskerm. Selfs memoriseer – as jy ‘n gedeelte gememoriseer het, onthou jy dit – en op ‘n dag gebeur daar net iets wat jou daaraan herinner. Die Woord moet op alle maniere in ons hart wees.

Met my Mond

Met my mond sal ek verklaringe maak. Dis ‘n aankondiging van omstandighede – hetsy gunstig of ongunstig. Wat dit sê, is eintlik ’n uitvloeisel van hoe my kop skoongemaak is. Hoe ek dinge nou anders sien. Die homologeo-begrip is hier ter sprake: om dieselfde dinge wat God sê oor my lippe te besig.

Vrolik wees

Om bly te wees is nie omstandigheid gebonde nie. Daar is ‘n geloofselement betrokke. Geloof is soos ‘n mot – aangetrokke tot die kers. Lig. Dartelend draai dit om die onveranderlike. Die les daarin is om ‘n lewensingesteldheid te hê van uitbundige vreugde terwyl ons besig is om te lewe. Besig om die lig te beleef en geniet.

Oordink

Om te mediteer is nie soos die oosterse leegmaak-proses nie; dis ‘n vol maak van die Woord. Soos wat ‘n leeu sy prooi bekruip en dit inhaal en uiteindelik verslind asof hy die enigste een is wat daaraan mag eet… totdat hy trommeldik is. Dit is hoe ons die Woord oordink totdat dit deel is van ons lewens. Van ons binnekant.

Verlustig

Elke perikoop eindig op ‘n hoogtepunt. So ook hierdie een. Soos wat die leeu dit geniet het om sy prooi te verorber so kan ek myself verlekker in die nuwe ontdekkings van wie God is. Ek geniet dit; ek ver-lus-tig my in U woord. Ek is lus daarvoor.

It is my delight – I look upon Your Word with pleasure.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

3. Gimel

Bet
017

Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.

018

Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.

019

Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.

020

My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.

021

U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.

022

Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.

023

Al sit vorste en beraadslaag teen my — u kneg oordink u insettinge.

024

Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.

Kameel

GIMEL se prentjie lyk soos ‘n kameel. Taalkundiges beweer dat alle tale sy oorsprong in Hebreeus het; daar is ‘n sterk ooreenkoms tussen die woorde gimel en kameel. ‘n Kameel is ‘n dier wat by uitstek gekoppel word aan dié begrip: uithouvermoë. Hierdie sirkel renbaan van die lewe het baie uitdagings. Elke sportman sal dit beaam dat jy uithouvermoë nodig het om te oefen sodat jy in die sportsoort kan uitblink.

Uithouvermoë is dus afhanklik van oefen, oefen, oefen – die vorige alfabetletter: BET, BET, BET. Skoonmaak, skoonmaak, skoonmaak om ‘n huis te hê met vensters waardeur jy kan kyk. Gewoontes. GIMEL is daarom ‘n opvolg op BET.

Voeding

Goeie eetgewoontes is belangrik vir die atleet van die lewe – daar is ‘n doel om te bereik. PSALM 119 hang nie onafhanklik van die res van die Bybel nie aan die waarheid nie – daar is raakpunte met ander Skrifgedeeltes. Woord verduidelik Woord.

1Tim.4:7-8 Maar werwerp onheilige en oudwyse fabels en oefen jou in die Godsaligheid; die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die Godsaligheid is nuttig vir alles omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.

Oefen is om jou huis korrek te bou – volgens die voorskrifte (BET).

Godsaligheid is om met jou brein te kies om opgeruimd te wees. Dis om te sien dat God teenwoordig is. Dis aanbidding met danksegging. Die uitkoms daarvan is die genade om in dankbaarheid te lewe.

Noag

Die Hebreeuse taal lees van regs na links. In die Hebreeuse taal is dit ‘n algemeen aanvaarbare gebruik om ook te kyk wat beteken ‘n woord wanneer dit agteruit gelees (of gespel) word. Die woord GENADE in Hebreeus spel agteruit (m.a.w. van links na regs) die woord NOAG. En die betekenis daarvan is RUS.

Oefen dus om by rus uit te kom. Daar is ‘n natuurlike progressie binne-in die alfabet: ALEF… BET… GIMEL. Begin oefen en rus.

Voedingswaarde

In hierdie perikoop gee God gesonde kos wat jou energie gee wat jou help met uithouvermoë wanneer jy oefen sodat jy later kan ontspan en terugkyk met tevredenheid.

Bewaar

Jou liggaam teer op wat jy nou net geëet het – hy verteer dit. Dit word opgebreek in fyner stukkies sodat dit geabsorbeer kan word in jou ligggaamlike sisteem. ‘n Koei herkou!

Wat spel die woord Gimel?

Vrolikheid. Opgeruimdheid. Wanneer jy na ‘n speelgrond kyk en hoe kinders speel, kan jy sien watter een is ondervoed. ‘n Kind met ‘n gesonde voedingswaarde is, speel; meestal uitbundig en uitgelate. Hy waag. Probeer ‘n nuwe tak in die boom klim. Baiekeer – ook geestelik gesproke – is iemand lusteloos omdat hy nie die regte kos inkry nie.

Kinders wat tot en met die ouderdom van vyf jaar nie blootgestel word aan goeie voedingswaarde nie se intelleginsievermoë ly daaronder.

Hoe het jy jou kind lief?

Wanneer jy as ouer jou kinders toelaat om te eet net dit waarvoor hy lus is, gaan hulle op roomys en lekkers lewe. Dis egter noodsaaklik om seker te maak hulle ook hulle groente en vrugte en proteïne inkry om ‘n gesonde dieet te handhaaf. Ouers is die padtekens vir hulle kinders.

Skep gerus genoeg van PSALM 119 se kos in jou bord – en geniet die voedsaamheid daarvan. Jy mag jou maar trommeldik eet soos wat ‘n leeu doen. En dis soveel lekkerder om (selfs geestelike kos) saam met ander mense te nuttig.

Petrus, het jy MY lief?

Toe Jesus vir Petrus drie keer vra of hy HOM liefhet, het Hy nie vir hom gesê: Wen Jerusalem vir Christus nie – Hy het gesê: begin deur my skape te VOED! Pasgebore babas, lammers moet goeie voeding kry; dis waar jy begin. En dan moet jy, Petrus, die jong skape voed. En daarna is dit die groot skape (My skape) se beurt om gevoed te word.

Die herder se liefde vir die skape word geïdentifiseer deur die voeding wat hy hulle gee. En die herder se liefde vir die Here word bekend gemaak deur die voeding wat hy vir die skape van die Here gee.

Transformasie

Korrekte, gesonde (geestelike) voeding sal jou lei na geestelike volwassenheid. Dit is ‘n pad met padtekens wat jou in die regte rigting stuur. In die proses kan jy ontdek wie jy werklik is – hoe God jou sien! Om te word wie jy eintlik is. Hierdie proses het transformasie tot gevolg. Om meer soos Christus te wees.

Doen goed!

Dis die eerste woorde van hierdie perikoop. Dit skop af met ‘n gebed. Deal bountifully! Die implikasie is ek bid so: Here, bring enige situasie oor my pad – gunstig of ongunstig – want ek het geleer om U te vertrou. U gaan my op hierdie manier voed. Ek sluk selfs die slegte medisyne want ek kan die Here se intensie met my vertrou. Alles kom met ‘n prys; God het self sy lewe neergelê. Hoekom goed doen? Sodat ek kan lewe! Maar eers moet ek oorgee…

Om oor te gee

Oorgee voel soms soos verloor, soos weggee. Om iets waarvan jy hou nie meer te hê nie. Eendag het ‘n pa vir sy dogtertjie rooi plastiese aanmekaarknip-krale gegee; sy het soos ‘n prinsessie gevoel wanneer sy daarmee gespeel het. ‘n Paar jaar later het hy gevra sy moet dit vir hom terug gee. Dit was vir haar moeilik, want sy het soos ‘n prinses gevoel wanneer sy daarmee gespeel het. Toe sy dit uiteindelik vir hom gee, het hy vir haar ‘n kosbare stringetjie egte pêrels gegee; ‘n mens dra nie rooi plastiekkrale saam met pêrels nie. Sy was nou groot genoeg om die waarde te waardeer. Om oor te gee, is om die Here toe te laat om iets beters te gee.

Dit bring my op die punt waar ek met oorgawe kan sê Here doen met my wat U wil! I surrender all!

Krisistye

Wanneer jy in ‘n krisissituasie kom, is dit nie die tyd om die beginsels waarvolgens jy wil lewe vas te maak nie. Om sekere gewoontes reeds in jou lewe gevestig te hê, maak jy die beginsels daarvan vas in die normale gang van die lewe. Wanneer die krisis opduik, weet jy dan wat jou besluite gaan wees – dis binne die raamwerk van gevestigde beginsels. Dis reeds vasgemaak. Wanneer ‘n beginsel om bv. omkoopgeld te ontvang (of nie!) vasgemaak is, is dit maklik om die besluit te neem wanneer jy onvewags daarmee gekonfronteer word; jy herken die padtekens langs die pad… en jy weet wat om te kies. Dit is hoe ek die lewe – SY lewensplan vir my – ten volle kan beleef.

Om Waarheid te omhels

Die Amplified-vertaling gebruik sulke mooi woorde oor vers 17 – hearing, receiving, loving, obeying. Dis prakties.

Open my oë

Jesus word genoem die Seun van die Mens – en Hy was die enigste normale Mens!

Dis abnormaal om nie terug te vloek wanneer iemand jou vloek nie (in wêreldse terme). Dis ‘n afwyking van die normale – soos wat mense ‘normaal’ beskryf. Om God te sien in die skepping is normal. Die geskrewe Woord is die maatstaf. Wat is jou vertrekpunt? As jou vertrekpunt verkeerd is, kom jy ook by ‘n antwoord uit – maar ‘n onjuiste antwoord. Jy kom slegs by die regte insig uit wanneer God jou vertrekpunt is. ALEF.

Galileo Galilei se teorie was dat die aarde nie die vertrekpunt is vir ruimtelike somme nie, maar wel die son! Dan val al die rekeningkundige berekeninge in plek. Engels druk dit mooi uit: The Son is the sun.

Wanneer God ons vertrekpunt is, val alle berekeninge vir ons wêrelddorp ook in plek. Dan sien my oë in perspektief.

Die Woord is geestelike onderrig

As jy nie glo in die abstrakte nie, hoe bewys jy liefde? Haat? Jy sien en beleef die effek daarvan. Ek kan God nie met my oë sien nie, maar ek beleef die effek van Hom. Dieselfde met elektrisiteit; daar is ‘n onsigbare werklikheid, maar druk jou vinger in die prop – jy ervaar dan die feit daarvan op ‘n ander manier.

Die onsigbare werklikheid van dat God IS, is onweerlegbaar.

Ek is ‘n vreemdeling

Eintlik hoort ek nie op hierdie aarde nie… Ek hoort eintlik aan my Vaderland (die hoofletter is intensioneel.) Dit wat ongelowige mense amusant vind, is nie altyd vir jou snaaks nie. Die kameel se kop is in die wolke – anders as die ander gediertes daar onder. Paulus sê bedink die dinge wat daar bo is…

Verlange (of smagting)

Dit klink of daar iets fout is met jou as jou verlange is na die Here se oordele, Sy verordeninge! Agter dit alles lê die verklaring dat ek God kan vertrou. Here, wys my dit wat ek nog nie raaksien nie – hoe kan ek my lewe belyn met U plan vir my.

As ek onskuldig in ‘n hof verskyn, verlang ek na die regter se uitspraak – sodat dit waarvan ek beskuldig word, aan die lig gebring kan word. My onskuld word publiek aangekondig en ek is vry!

God se oordeel bring vryheid. Die oomblik as ek my rug op Sy oordele draai, kortwiek ek myself van God se plan vir my.

In my wilskeuse om die Woord as my riglyn te volg – in my voorneme om die padtekens nie te ignoreer nie – kan ek met vrymoedigheid vra dat verwaandheid van my verwyder word.

Wat doen ‘n kameel voordat hy opgesaal word?

Hy gaan drink water. Soveel moontlik. Hy eet soveel as wat hy kan. Hy is ‘n oorlewingsdier; hy weet hy is gemaak om ‘n las te dra en om die woestynpad aan te durf.

Die lewe het sy uitdagings – en in jou is daar beleggings gemaak om uit te kan hou. Maar ‘n goeie wenk is om te drink van die lewende water – om die Woord te verorber soos ‘n leeu sy prooi vreet.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

4. Dalet

Bet
025

My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.

026

My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!

027

Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.

028

My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.

029

Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.

030

Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.

031

Ek kleef u getuienisse aan; o Here, maak my nie beskaamd nie!

032

Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.

Prentjie van DALET

Dit lyk amper soos ‘n onderstebo hoed. Dit simboliseer ‘n DEUR wat die ingang is na ‘n huis – soos ‘n vel van ‘n dier wat geslag is wat voor die deur van ‘n tent hang om as deur te dien. Om in en uit die deur te beweeg, impliseer verhouding. Die woord ‘weg’ is in hierdie perikoop opvallend; minstens vyf keer in hierdie agt verse.

Weg

Die deur verwys na die versoeningsoffer wat Jesus gegee het. Hy het uitdruklik gesê dat Hy die Weg, die Waarheid en die Lewe is. Ons het nodig om deur hierdie deur te gaan om in verhouding te staan. Die implikasie van ‘n versoeningsoffer is dat bloed gevloei het wat ‘n weg baan tot in die lendene.

Lendene

Dis jou diepse wese – daar waar net jy met jouself praat; jou gedagtewêreld! Daar waar selfs eie geheime beredeneer word. Dit is waar ‘n totale verandering plaasvind? Diep binne gebeur daar dus ‘n afbreek en ‘n herbouïng.

Kleef

Soos GOM aan iets vasklou, so is my siel verkleef aan STOF (vers 25). Stof is klein en kan weggeblaas word. Om deel te wees van die transformasie, moet ek eers erken en besef wie ek is. Vier dinge oor myself in verhouding met wie God is:

Ek is niks
Ek weet eintlik niks.
Ek besit ook niks.
Ek kan niks doen om myself te verander nie – ook nie om omstandighede te verander nie.

Maak my lewend…

Die Engelse woord quicken sê dit goed. Herleef. Daar kan net herlewing kom as ek weet wie ek voor God is. Herlewing is meer as net vernuwing.

Wat is die essensie van herlewing? Dit is om uit te kom by God se gedagtes. Die Bybel is ‘n kleurvolle panoramiese verduideliking van hoe God dink. Verskillende situasies kry kleurvolle betekenis wanneer God se lig daarop skyn. Herlewing kan egter net gebeur wanneer ek gesterf het – in myself!

Vier deure in hierdie perikoop…

…om getransformeer te word:

  1. Ek is bewus van my nietigheid as mens (stof).
  2. Ek het rekening gehou oor waar ek met die Here staan – soos ‘n rekenmeester wat forensiese boekhouding doen (:26). Ek raak bewus van waar my probleem lê; ek dink nie soos wat God oor my dink nie.
  3. Ek verstaan dat ek wysheid moet bekom. Wysheid is wanneer ek God erken en raaksien in al die omstandighede waarin ek my bevind (:27).
  4. Ek gom my aan die Woord (:31). Die Woord is ‘n persoonlike terapeut.

'n Klip in my binneste

‘My siel drup van kommer’ (:28). Wanneer ek dit die nodigste het, word ek aanhoudend, voortdurend versterk deur die Woord. Dit is ‘n oprigting wat in die teenwoordige tyd gebeur EN net aanhou – present continuous tense – soos water wat vloei en net aanhou vloei. So word die kommer in my binneste aangespreek.

Leuens

Daar bestaan nie iets soos ‘n wit leuentjie nie (:28). Een vertaling sê: Hou valsheid van my weg.’

Tekortskiet

Dis nie ‘n negatiewe ding om agter te kom waar ek tekortskiet nie – dis net ‘n openbaring van nog ‘n plekkie in my lewe waar ek kan verbeter. Nog ‘n aspek in my lewe wat ek kan oorgee. Die Here is konstant besig om vir ons die deur te wys. Ek het die weg van Waarheid gekies (:30).

Oordeel

As God die REGTER is, is die manier hoe Hy oordeel tot my voordeel. Hy wys maar net ‘n paar vuil kolle op my kleed uit… want jy sien dit moontlik nie self raak nie. Selfverwyt is nie nodig nie! God wil my bewus maak van dinge wat nie strook met Sy wil vir my lewe nie. Geestelike groei is om meer en meer getransformeer te word na SY beeld. Dit is wat Hy uitwys. Gunstige en ongunstige oordele het net een doel voor oë: Hy wil hê dat ek bevry word! Na ‘n tyd van slawerny kom Hy en kondig vryheid aan. Die ekstra gewig op jou skouers het eelte veroorsaak; Hy haal die juk af… want My las is lig! Onnodige gewig is eenvoudig net onnodig. Oordeel is dus nie ‘n veroordeling omdat daar ‘n vuil kol is nie, dis ‘n uitwys sodat die Woord kan was. Oorwinning! Jubel!

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

5. He

Bet
033

Here, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.

034

Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.

035

Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae.

036

Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.

037

Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.

038

Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.

039

Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.

040

Gewis, ek het 'n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.

VYFde alfabetletter: HE

VYF praat van genade! Dit wat net God kan doen!

Baarmoeder

Die baarmoeder verpersoonlik genade. Die baarmoeder ontvang ‘n saadjie wat bevrug is. Die saadjie haak vas aan die wand van die baarmoeder en kry substans om te lewe. Die saadjie ontvang die beste kans om te groei – danksy die tere koestering van die baarmoeder totdat die saadjie groot genoeg is, ontwikkel het, om gebore te word.

WOW – womb!

Dis iets wat net God kan doen – dit is waarvoor hierdie vyfde alfabetletter staan. Heiligmaking - dis ook iets wat net God in my – en vir my – kan doen!

Kersfees

God is die Vader van lewe! Die oorsprong – van geboortes. Immanuel beteken GOD MET ONS! Hy wil SY SEUN aan die wêreld bekend maak deur my - deur jou! En dit begin met ‘n saadjie.

Leer my

Die Bybel is ‘n instruksieboek. Ek erken my afhanklikheid dat ek myself nie kan leer nie. God is die programmeerder wat die sagteware ken. Terwyl Hy my leer (:33) hoe om te dink, is ek ook besig met geestelike oorlogvoering.

Insig

Wanneer my verstand (:34) iets verstaan, volg daar insig. Ek sien dinge anders. Begrip impliseer ook om te kan onderskei. Kennis van die Woord help om te weet wanneer ‘n spesifieke stelling juis is of nie. Ons het insig nodig in hierdie lewe oor die lewe.

Veroorsaak my…

Veroorsaak my, Here, dat ek vanuit die dieptes van my wese kan wandel (:35) – in U Woord vind ek vreugde.

Die Woord leer my hoe om deur die deur te gaan sodat my manier van dink kan verander. My eie idees kan ek neerlê en sy gedagtes in die plek daarvan opneem. Die Here doen die veroorsaking sonder dat ons die kloutjie by die oor uitkry; ons verstaan nie altyd die groter prentjie nie. Die Leermeester weet hoe om situasies te skep sodat die leerder by daardie ahaa kan uitkom.

Neig

Neig my hart (:36) – daar waar my binne-denke gebeur! Neig is om my hand bak te maak en agter my oor te sit om beter te kan hoor. Om nader staan – selfs skuins te leun en om nader te buig. Om nie my eie drifte en verwagtinge harder te hoor as wat God fluister nie.

Wend my oë af…

Help my om weg te kyk van die onbenullighede sodat ek kan sien dat God heeltemal in beheer is. Al voel ek buite beheer, is God nog steeds in beheer van my lewe.

BEHOLD the KING

Draai my weg van die negatiewe – veroorsaak herlewing in my.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

6 Wau

Wau
041

En laat u goedertierenhede oor my kom, o Here, u heil volgens u belofte,

042

sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.

043

En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.

044

Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,

045

en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.

046

Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.

047

En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,

048

en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink.

Tentpen

‘n Tentpen anker die Woord in jou lewe vas. Soos ‘n spyker! Dit is ‘n heenwysing na Jesus wat met ‘n spyker aan die kruis vasgenael is. Die Man met die spyker in sy hand… Hierdie letter van die alfabet lyk soos ‘n Y – soos ‘n spyker wat iets vas slaan. Sonder tentpenne moet jy nie met ‘n tent gaan kamp nie… Maar dit is belangrik om penne nie net aan die een kant van die tent in te anker nie – orals! Reg rondom. Sien jy die effek van verhouding wat hier aangespreek word? Daar is genoeg ruimte in hierdie verhouding (aan die binnekant van die tent) wanneer tentpenne aan al die kante ingeslaan is.

Ses

WAU is die sesde letter van die alfabet en dit praat van die mens se behoefte aan onafhanklikheid. Ons onafhanklikheid word direk aangespreek omdat ons juis totaal en al afhanklik is – danksy Christus se offer. Die mens het egter ‘n natuurlike begeerte na onafhanklikheid.

En…

‘n Goeie taalonderwyser sal jou leer dat ‘n mens nie ‘n sin begin met die woord ‘EN’ nie, maar in hierdie perikoop begin vyf van die agt verse met ‘En…’

‘n String pêrels word saam gesnoer.

‘n Ander manier om VAV te beskryf, is die woord ‘EN’. Nog ‘n tentpen en nog ‘n tentpen. Die sin is nie voltooi nie; dit gaan aan. Gaan voort. Eintlik is PSALM 119 alles een sin wat opgedeel is in 22 perikope.

Die ‘en’ koppel soms twee teenoorgestelde dinge aanmekaar. Die string wat die pêrels aan mekaar koppel, is die Man met die spyker in sy hand… Kol.1 Hy is die Een wat alles gestring hou: die hele skepping! Tot in ewigheid! (vers 44 – vir ewig en altyd) - …en… en… en…

Laat

‘Laat U goedertierenheid oor my kom.’ Dis ‘n belangriker woord as wat dit met die eerste oogopslag lyk. To bend down to an inferior in kindness. Dis wat God doen; dis wat Hy gedoen het! Jesus het aarde toe gekom. Die Meerdere het die mindere kom dien. Hy buig! Wat ‘n grootse verduideliking van genade! Goedertierenheid!

Dit vat die onderwerp van verskillende tentpenne, verskillende verhoudinge waarby ek betrokke is verder: dien ek die mense met wie ek skouers skuur? God se neerbuig na my is ‘n teken van hoe lief Hy my het. Met daardie agapé kan ek ander liefhê.

Redder

Wanneer vers 41 praat van ‘o Here’ vewys dit na God as die Redder. Hierdie begrip kom reeds in die begin van Genesis na vore – en dis ‘n goue draad dwarsdeur die Bybel.

Die essensie van bestaan!

Om die rede vir hoekom ek lewe te verstaan, is dit vir my noodsaaklik om redding te verstaan. Om die Redder te ken! Die Woord!

Wanneer iemand gebore word, is dit ‘n groot dag! Ons vier verjaarsdae! Maar ‘n groter dag is wanneer ek ontdek hoekom ek gebore is.

…dit is dan wanneer ek kan antwoord – kan reageer – op enige iets wat my kant langs kom.

Genade – Redding – Woord

Hierdie drie begrippe is ‘n opsomming van hierdie perikoop, maar meer nog; dis ‘n opsomming van die boodskap van die Bybel. Van PSALM 119.

Sekuriteit en selfvertroue is geanker in genade, in redding, in die Woord. Anker! Beleggings en aardse besittings kan dit nie vervang nie, want ‘…ek vertrou op U Woord’. (vers 42)

Waarheid

Waarheid is net nog een van die toue wat die tent regtrek – en met die tentpen geanker is – sodat die tent regop kan staan. Dan is SY oordele, SY verordeninge, nie iets wat ek hoef te vrees nie, dis iets waarop ek kan hoop. Kan wag! Orde en harmonie is die kernbegrippe wat die uitvloeisel is van die Regter se uitspraak.

Onderhou

Hierdie woord gaan in die res van PSALM 119 al meer en meer voorkom; dit is nodig om ‘n goeie begrip te hê van wat die eintlike betekenis daaragter is. TO KEEP. Ek sien God en ek volg sy gedagtegang – en ek is getrou om vas te haak aan God se manier van dink. WAU beteken ook om te haak – om vas te pen.

Soos wat die woord ‘en’ oënskynlik ‘n onbenullige, onbelangrike woordjie is, so is die hake – die tentpenne – moontlik onopvallend. MAAR! Dis belangriker as wat ek besef dat ek die Woord moet onderhou! Moet vashou!

God is die kohesie en die adhesie wat alles bymekaar hou.

Konings

Let wel, dis nie net een koning nie. Meervoud! (vers 46). Voor wie sal ek nie skaam wees nie? Teenoor wie sal ek getuig? Teenoor die heilige God, maar ook aardse konings. Twee koninkryke word hier verteenwoordig. Nie net aardse leiers, voorsitters of base nie. Die ‘en’ is eintlik onsigbaar in hierdie woord; ons kan dit lees as ‘die Koning (van die hemel) EN die konings (van die aarde)’. ‘n Belangrike kantlynopmerking is dat God in rangorde eerste genoem word.

Nie skaam nie

As ek nie skaam is om in twee koninkryke te praat nie, te getuig nie, beteken dit eintlik dat ek nie verward is nie; ek weet wat om te sê. God is die sentrale punt in vers 46 – dit mag lyk of Hy eintlik verskuil is daarin. As ek bloot fokus op die aardse koning, mag ek ontnugter voel. Maar hier is nie net ‘n horisontale verhouding ter sprake nie. As ek net horisontaal dink, kan dit my vat na skuld, skaamte en seer. Die belangrikheid van die vertikale verhouding plaas God in die prentjie is; so word die toue van die tent reg getrek. Reg geanker.

Verlustig

Het jy nog die LUS vir die Woord? Hoe meer jy dit lees, hoe meer kom die opgewondenheid oor wie God is na vore. Dis ‘n vreugde om te hoor hoe praat Hy (terug) met jou. Dit verander jou begeertes (Ps.37:4). Aardse begeertes en aanloklikhede word minder belangrik. Verlustig jou in Hom; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. My begeerte is dus nie net na aardse dinge nie; materiële dinge kan nooit bevredig nie. Wanneer God my hart se begeerte word, kan daar vervulling wees.

Mediteer

Oosterse meditasie waar jy jou leegmaak, is nie hier ter sprake nie. Wat hier met mediteer bedoel word, is om jou vol te maak met Woord. ‘n Vervulling! Verorber die Woord soos wat ‘n leeu sy prooi vreet. ‘n Leeu jag eers – so soek ek in die Woord wat die Here vir my wil sê. Hou aan lees. As jy ervaar hoe die Here met jou praat, dan sal jy jou verlustig in Hom. Wanneer ‘n leeu trommeldik gevreet is, brul hy – wanneer jy jou versadig met die Woord, hoor jy die Leeu van Juda brul…

Mat.5:6 Those who hunger and thirst for more of my righteousness will be completely satisfied. (Amp)

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

7 Sajin

Sajin
049

Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.

050

Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.

051

Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.

052

Ek het gedink, o Here, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.

053

Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.

054

U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap.

055

Here, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.

056

Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.

Sewe

SAJIN sal jou altyd uitbring by RUS! Wat is die hoofboodskap van die Bybel? As ons besef wie ons is – en wie God is – kan ons by rus-in-die-Here uitkom. Godsdiens daarenteen is om te fokus op die werke wat jy moet doen. As jy vanuit rus lewe, is jy besig met die Christen-wandel: in verhouding met die Here.

Sekel

Die prentjie wat SAJIN uitbeeld, is ‘n sekel met ‘n handvatsel wat heen en weer geswaai word; die lang lem sny die koringare op die grond af. Dit beteken ook ‘wapen’ – die Woord as die waarheid! Die lisensie om die wapen te hanteer, begin by die begin; by ALEF.

Ploegskaar

Die Woord is soos ‘n ploegskaar (SAJIN) – Hy wil sy skaar saam met ons in die grond laat insak. Wanneer die osse begin trek, sak die skaar so in die grond in om die sooie oop te gooi – die muise (en allerhande gediertes) peul dan uit. Die Here wil dit doen met sy waarheid: Hy wil dit diep laat insak in my hart sodat dit oopgekrap word. Wat aan die binnekant onsigbaar is, kom bokant toe: sigbaar.

Dis juis in die RUS-tyd – die kalibreertyd – wat God se Woord sigbaar word. Die grond word omgedolwe.

Wyn

‘n Dwelmmiddel beheer jou denke; dit affekteer jou spraak; dit beïnvloed jou wandel (of jy reguit of skeef loop); hoe jy kyk. ‘n Mens kan van ver af sien wanneer iemand onder die invloed is. Die Woord wil ons op so ‘n manier afhanklik maak van Hom sodat ons gedrag onder die invloed is van die Waarheid. Dan sal ons rus, vrede en geluk ervaar – en die lekkerte van die lewe geniet.

Eintlik moet ek onttrekkingsimptome kry as ek nie die Waarheid inkry nie.

Die hele PSALM 119 het te doene met hoe ek kan verander – en hoe die Here my wil transformeer na SY standaard toe.

Gedenk

Dis om te onthou (:49) – om herinner te word – dat die Waarheid in my lendene is. In die diepste kern van my wese, dit is waar my manier van redeneer (en denke) verander. As dit gebeur, is hoop die noodwendige gevolg! Soms is dit nodig om geDENKtekens op te rig – bakens wat jou kan herinner aan waarhede wat jy op die lewenspad opgedoen het.

Troos

Om vertroosting te vind. Comfort. Hoe kan ons iemand troos?

Jy kan Hebreeus van regs na links lees (dis normaal vir die Hebreeuse taal), maar ook van links na regs. Die woord binne-in die woord ‘troos’ is NOAG. En van die anderkant af gespel, is die woord ‘noag’ weer GENADE. Daar is soveel genade in die storie van Noag.

As ek my denke orkestreer volgens die waarheid kan ek by rus (SAJIN) uitkom.

Ark

Noag het in die ark ingeklim! Dit was hulle REDDING! Chaos het uitgebreek op die aarde. Geen genade vir dié wat nie in die ark was nie. Geen genade vir sonde nie. Beskawings word venietig terwyl Noag rus. Die essensie van bestaan, is om in God in te klim. Noag het die vesoeningsbloed van Christus verstaan toe hy in die ark ingeklim het. Die hel het om hom losgebars. Die ark is opgelig en het gedryf bo-op hierdie gemors en oordeel. Boon-op het die ark nie ‘n stuurwiel gehad nie – nie ‘n roer nie. God het dit self gestuur.

Ons kan vanuit rus die lewe aanpak – met die wete dat God in beheer van my lewe is. Enige iets wat in my wêreld gebeur wat by boonste verdieping affekteer, is vir my ellende. Maar te midde daarvan kan ek rus beleef.

Dit was aand en dit was more…

Hoekom sê dit in Genesis nie dit was more en dit was aand nie? Tydens die skepping het God na elke dag gesê: ‘Dit was aand en dit was more…’

Vandag verwys ons anders na een dag; ons sê die volgende: die dag begin met dagbreek in die more en wanneer die son sak, word dit aand – en so word die dag afgesluit nadat ons gaan slaap. As ons Genesis reg verstaan, begin die nuwe dag begin eintlik gisteraand al: ons rus eers voordat dagtake aangepak word. Ons rus eers. Ons vertrekpunt is om te lewe vanuit rus. Ons begin vanuit ‘n rus-verhouding met die Here. Ons kan Hom ten volle vertrou vir alles wat elke dag gaan gebeur.

Herhaling

Ek het gedink (:52) – dieselfde begrip as in die begin van hierdie perikoop word herhaal. Herhaling beteken altyd beklemtoning. Gedenk… gedink! Wat in ‘n mens se kop aangaan, is so bepalend van hoe jy leef. Denkpatrone word gevestig deur herhaling. Breinpaadjies word nuut geloop. Spreuke sê hoe jy dink, is hoe jy is!

Goddelose

Ons kyk graag na ander en sien hulle goddeloosheid raak. Maar eintlik is dit ‘n binnetoe-kyk om raak te sien wat nog nie strook met God se prentjie van my nie. Vers 52 verwys na situasies waarin God nie sentraal is nie.

Gesange in my huis

Wanneer ons volgens menslike gedagtes dink, wil God ons denke rig. En as dit gebeur, is dit soos lofliedere wat om my gehoor kan word – ‘n koor waarvan ek deel is; om binne-in klank in te klim!

Iemand wat al deel was van ‘n koor, sal weet dit is ‘n klomp gemiddelde stemme wat iets bo-gemiddeld kan skep. Dis om in harmonie in dieselfde rigting te beweeg onder die dirigent se leiding. Om harmonieus klank te laat swel in crescendo’s. Om ‘n verskeidenheid persoonlikhede te rig. Op dieselfde manier kan baie gedagtes in een mens gekanaliseer word om spreekwoordelik ‘n loflied te wees.

Nuwe lied

Die perikoop sluit af op ‘n hoë noot. Wanneer ons harmoniseer en sinchroniseer met die Woord, dan is dit ‘n lied in die geesteswêreld. ‘n Nuwe lied word gekomponeer wanneer jy die Waarheid in jou binneste omhels.

Die Bybel is jou bladmusiek!

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

8. Get

Get
057

Die Here is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.

058

Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte.

059

Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.

060

Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.

061

Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.

062

Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.

063

Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.

064

Here, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.

PSALM 119 is een lang halssnoer met aanmekaar gestringde pêrels. Multidimensioneel.

Leer

Die prentjie wat GET voorstel, lyk soos ‘n leer met drie sporte in. Dit praat van RUS want dit is die agtste dag. Dit is die dag waarop Jesus opgestaan het. Maar GET praat ook van moeilikheid – van oorlog. Oorlog moet altyd in vrede eindig. Om by rus uit te kom, is die wenstreep. Om ‘n hoër vlak van bestaan te voer – om die sporte van die leer te klim!

Besnydenis

‘n Kindjie is in die Ou Testamentiese tyd op die agtste dag besny. Dit is egter meer as net ‘n fisiese gebeurtenis. In Romeine 2 praat Paulus van ‘n besnydenis wat in die hart gebeur. Nie net fisies nie. As ons agterkom daar is iets in ons hart wat vreemd en ontoelaatbaar is, kan ons dit bely. Dit lig die vlak van my bestaan na ‘n hoër niveau.

Opstanding

Jesus was dood. Morsdood. Nadat Hy opgestaan het, het Hy in ‘n opstandingstaat gefunksioneer. Soos wat GET sê: dit was ‘n hoër vlak waarin Hy beweeg het. Vir my en jou is die implikasie dat daar in ons ‘n sterf plaasvind in my ou mens.

Saad wat in die grond val, sterf voordat nuwe lewe voortgebring word.

Deel

Vers 57 sê: ‘Die Here is my deel’. My erfenis. My erfporsie. Die Here skilder die perfekte prentjie as voorbeeld. Dit is navolgingswaardig. Hoe meer ek van die erfporsie trek en dit deel van my lewe maak, hoe groter is die effek op my lewenskwaliteit.

Testament

Jou testament is uitgeskryf op papier – in woorde. In die Woord. Ons is besig om dit te bestudeer. As erfgenaam maak ek myself vertroud met die inhoud daarvan sodat ek op hoogte is van wat onttrek kan word. So maak ek die Woord deel van my lewenspatroon. Deel van my hartklop, Deel van my asemhaling. ‘n Erfgenaam kan egter slegs aanspraak maak op die testament wanneer daar dood ter sprake is. Jesus het klaar gesterf! As kind van God is ek geregtig op my erfporsie. En ek kry iets wat ek glad nie verdien het nie.

Deurlopende tema

Genade is die deurlopende tema in hierdie perikoop. Genade is nie om net te doen wat jy wil en dan te sê die Here is genadig nie… genade omsluit al die begrippe wat tot dusver genoem is: oorlog, probleme, besnydenis. Genade is om te kry wat jy nie verdien nie, maar ook om nie te kry wat jy verdien.

Ganser harte

Om spiraal-danse te maak romdom God wat die middelpunt van jou lewe is – dan verplaas ek my energie weg van myself af. Dan betree ek rus – en dan is die leer wat ek klim ‘n reaksie omdat ek genade verstaan.

Draai

Vers 59: ‘Ek het my voete laat teruggaan’. Wanneer een volk ‘n ander volk oorgeneem het, is die krygsgevangenisse uit hulle huise uitgehaal en die stad is aan die brand gesteek. Die oorwinnaars se boodskap is dat hulle nie na hulle huise kan terugkeer nie; dit is deur die vuur vernietig! Dus – ek erken ou gewoontes vir wat hulle is, maar ek draai my rug daarop. Ek strek my uit na dit wat voor my lê. In die regte rigting.

‘n Skaap kan nie self rigting hou nie; hy het ‘n herder nodig om hom in die regte rigting te lei – te stuur, te draai. Wanneer ‘n hek oop- of toegemaak word, veroorsaak dit soms ‘n drukgang vir die skape om deur te beweeg – of in vryheid of in beskerming.

Tapeserie

Oordink. My gedagtes is soos ‘n tapeserie. Waarheid weef my prentjie reg: ek draai om en herinner myself aan Sy getuienisse. Meestal sien ons die deurmekaar van die onderkant van die weefmateriaal – dit lyk of ons besig is om te knoei. Wanneer die Here my insig gee in die bokant, dan sien ek ‘n ander prentjie. Ek sien die beeld hoe God my sien. Hoe ek dan steek vir steek aan hierdie tapeserie werk, reflekteer dieselfde prentjie wat God het. Vir my!

Ek haas my

Daar is ywer, gemotiveerdheid omdat ek reeds gesien het hoe lyk die prentjie aan die bokant. ‘n Dringendheid wat nie moedeloosheid of hopeloosheid tot gevolg het nie. Daar is progressie met die opklim van die leer.

Fout begaan

God se intensie met my is nooit vernietiging nie. Wanneer ek ‘n fout begaan (‘n verkeerde steek in die weefwerk begaan het), is Hy daar met ‘n liefdevolle regstelling. Hy staan nie gereed met die rottang om my te pynig nie. Die tema van hierdie perikoop is genade!

Liefdesbrief

PSALM 119 is ‘n liefdesbrief wat Hy vir jou persoonlik skryf. Elke vers praat oor die verhouding tussen jou en God.

Ek is ‘n wêreld op my eie

PSALM 119 praat dikwels van die goddelose, die dwase, die hoogmoedige, die vyande… Hierdie verwysings is nie na die mense rondom ons nie; dit verwys na die proses (soos wat ek teen die leer opklim) om daagliks vernuwe te word na die beeld van God. Die Goddelike statuur is reeds in my soos saad wat besig is om te ontkiem.

Middernag

Ek kan God loof in die donker oomblikke van my lewe… hoekom? Omdat God goed is! God is altyd objektief goed. As mens is ek subjektief goed; ons is goed teenoor die mense wat vir ons goed is. Ons emosies speel hier ‘n groot rol; hoe ek voel teenoor iemand anders. Ons besluite word op een of ander manier geaffekteer om ten gunste van iemand op te tree. Of nie. Daarteenoor is die Here objektief goed teenoor my omdat Hy die groot plan oor my lewe ken. Die uitspansel van my klein lewetjie wat nog oor is, sien Hy alles gelyk raak.

God is goed! Punt! Nie ‘n komma nie!

God het die vermoë om uit te zoom – om die groot prentjie te sien. En wanneer die een klein dingetjie van een dag soos ‘n vergrootglas bekyk word, maak dit sin in SY oë. In perspektief, want Hy kan gelyktydig ook in-zoom. Soms verstaan ek nie, want my vermoë is slegs om kortsigtig vandag raak te leef.

Hierdie agtste perikoop eindig met sy agtste vers

Vers 64 praat van oorwinning – dis die tema van al die agtste verse van elke perikoop. Die afsluiting, die vol-maak, die afronding. Die aarde verteenwoordig die konkreke realiteite wat om ons is. Die fisiese sowel as die geestelike werklikhede waarbinne ons funksioneer, is vol van U genade! Daarin kan ek rus. Stresloos leef. Die begin van Romeine 5 sê die manier hoe ek intap by God se genade, is deur geloof.

GET – wanneer jy opstaan, meld jy aan vir oorwinning.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

9. Tet

Get
065

U het goed gedoen aan u kneg, Here, na u woord.

066

Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.

067

Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.

068

U is goed en doen goed; leer my u insettinge.

069

Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele.

070

Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet.

071

Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.

072

Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.

‘n Geweefde mandjie

Jy kan iets kosbaars sit binne-in ‘n kruik – of in ‘n geweefde mandjie. Die kernboodskap wat hierdie perikoop onderskryf, is GOD IS GOED!

God is objektief goed!

Al weet ‘n mens teoreties dat God goed is, is daar steeds tye wat jy aarsel – veral wanneer omstandighede om jou twyfelagtig lyk. Ons het nie die groter prentjie nie. Die groter prentjie hou geen wyfeling in nie.

Goed en sleg

Ons het ‘goed’ nodig om ‘sleg’ te kan definieer. Omdat God goed is, kan ons onderskei tussen goed en kwaad. Jou onderskeiding kan slegs korrek wees as jou vertrekpunt reg is – as jou ALEF God se goedheid is. Dis nie nodig om al die kennis op te doen oor die slegte nie; die negatiewe openbaar homself as dit wat nie goed is nie.

God het sy beste in gedagte vir jou. Vir my. Goed – beter – beste… soms is ‘beter’ die vyand van wat ‘beste’ mag impliseer.

Hoe kan ek God prys selfs in onaangename, skrikwekkende situasies? Deur net te erken dat dit die beste plan is vir my wat die Here nou vir my in stoor het. Al verstaan ek nie alles nie. Eintlik gaan ek nooit alles kan verstaan nie.

U het goed gedoen…

Vers 65 gee ‘n platform vir hierdie perikoop: God kan nie anders as om goed te wees nie – dit is volgens sy Woord! Ons kan God se goedheid nie meet op grond van ons eie standaarde nie. Wat volgens ons goed is, mag dalk kort skiet en nie die hele prentjie skets nie.

Met ‘n goeie verstaanbare, hoorbare stem vertel John sy persoonlike getuienis:

Ek het keelkanker gekry – dit was in my stembande. Nou, soos jy hoor, praat is my werk! Vir my om te praat, is om te lewe. My lewensdoel is om die Woord te verkondig. Ek het vir my vrou gesê, as iemand stil is, is hy dood. In die tyd toe ek baie bestraling gekry het, was my keel nogal lekker rou – en ek het gebibber van die koors en al die goed. Een oggend kom sy in my kantoor in voordat ons op pad is na die bestraling toe – en dis toe dat ek vir haar sê: die Here is goed vir my! Ek is op ‘n goeie plek. Dis sy beste vir my! Al verstaan ek nie, is dit steeds sy beste. Al sou ek nooit my stem terugkry nie, is ek dankbaar vir al die kere wat ek my stem kon gebruik.

Müller se opmerking oor John se siekwees-tyd:

Ek onthou hoe ons saam gekuier om ‘n koppie koffie. Dit was in ‘n tyd wat John eintlik net boodskappe neergeskryf het. So het hy meestal gekommunikeer. Ek moes naby aan John sit om te hoor wat hy probeer sê; daar het geen stem uit sy mond gekom nie. Net bietjie asem. En ek het terug gefluister 😉. In daardie stadium het die Here gesê John se stem sal weer gehoor word; nie net figuurlik nie, maar ook letterlik. Dit was ‘n profesie wat waar geword het; dis enkele jare later en hier gesels ons oor PSALM 119. Ons praat oor die RADIO – en sy stem word gehoor! Ondanks meer as een spesialis se feitelike prognoses dat hy nooit weer sal kan praat nie, gesels ons met mekaar oor die lug.

Dis maar net een wonderwerkstorie van God se goedheid.

Romeine 8:38-39

Moenie God se liefde aan allerhande omstandighede meet nie, want niks kan ons skei van God se liefde nie.

Maar…

Hier is ‘n wenk aan al die getroude manne: wanneer jy vir jou vrou sê jy is lief vir haar, sit ‘n punt aan die einde van die sin. Moenie dit eindig met ‘n komma en voortgaan met ‘MAAR…’ nie. Dit is seker een van die kragtigste woordjies in enige taal; dit het die vermoë om alles uit te kanselleer wat voor dit gesê is.

Dieselfde gebeur hier in vers 69 – die vermeteles het liegstories vertel, MAAR… dit het geen effek op hom nie; dit word uitgekanselleer! Hier het die ‘maar’ ‘n positiewe effek; wat volg daarna is in kontras met die negatiewe uitspraak en die effek is dat hy nou met sy hele wese na God toe draai (en nie wegdraai nie) en luister na dit wat God sê.

Beter as goud en silwer

Hierdie perikoop eindig met die boodskap dat die Woord nie vergelyk kan word met geld of materiële rykdom nie. God se Woord is meer werd as aardse besittings; niks daarvan gaan saam wanneer ek sterwe nie. Ons sê maklik ek het guns by die Here wanneer iemand my verrras het met ‘n besonderse geskenk… dit is egter slegs ‘n klein deeltjie van onverdiende guns. Die Here se guns lê egter in sy Woord! Dis geanker in sy Woord. En wanneer ek toelaat dat dit my verstand – my brein – orden, is dit iets wat geld nie kan koop nie. Dis die wortel waarom ek op ‘n hoër vlak van bestaan kan opereer. Kan léwe! Dit is die oorwinning wat vanuit die hart by die mond uitloop wanneer ons sê GOD IS GOED!

In beginsel het Daniël se vriende voor die tyd die saak vir hulleself uitgeklaar. Al sou hulle nie in die krisis gered word nie, sou hulle nie voor ‘n vreemde afgod buig en God se goedheid ontken nie. Hulle het ‘n vaste vertroue gehad in die feit dat God goed is.

Dit is egter nie so dat silwer en goud geen waarde het nie. Geld moet altyd ‘n bedieningsinstrument bly. Die gevaar is wanneer dit ‘n persoonlikheid word. In vergelyking met wat PSALM 119 verteenwoordig, is God se gesproke WOORD dit wat ware waarde het.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

10. Jod

Jod
073

U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.

074

Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.

075

Ek weet, Here, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.

076

Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.

077

Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.

078

Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele.

079

Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.

080

Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.

God se hand is die hele tyd besig om te werk!

Hand

God se metafisiese teenwoordigheid is soos ‘n kommatjie wat in die lug hang; nie op die aarde nie, ook nie in die hemel nie. Kom ons verduidelik die prentjie so: ‘n persentasieteken het ‘n ‘kommatjie’ aan die bokant, dan ‘n skuins-af streep en dan nog ‘n ‘kommatjie’ maar hierdie keer aan die onderkant. ‘n JOD bo en ‘n JOD onder. Die hand van die mens (boonste een) en die hand van God (onder). Die skuinsstrepie se betekenisinterpretasie is om by te voeg: ‘EN’! Nog ‘n pêrels word by die ander pêrels aanmekaar gestring.

By implikasie: God doen iets EN ek doen iets. God doen iets wat jy glad nie kan doen nie, maar dit wat Hy van jou verwag, is binne jou vermoë. So word ‘n dinamiese proses geaktiveer wanneer God se krag in my lewe losgelaat word.

Met jou hande raak jy aan dinge; jy neem iets in besit met jou hande. En daar is krag in jou hande. Manlikheid is nie ‘n pap handdruk nie. En jy GEE met jou oop hand en terwyl hy oop is, kan jy ook ontvang.

Laat

Die laaste vyf verse van hierdie periokoop begin elke keer met die woord LAAT… Daar is iets van ‘n imperatief hier in – iets wat geDOEN moet word. Dit vat hande met die begin van die perikoop wat net sê: U hande het…

Werke. Doene. Dis wat deur ‘n hand gebeur.

‘n Ander woord vir ‘laat’ is veroorsaak. Die Here is die een wat dinge veroorsaak. Dis Hy wat veroorsaak dat ek soos Noag gered kan word en ‘n hoër vlak van bestaan kan geniet.

Verstand

Om wysheid te bekom, bring insig. Jy verstaan beter.

Spreuke 9:9-10 Gee jou aandag aan ‘n wyse mens en hy kry meer wysheid; leer ‘n regverdige en sy kennis vermeerder. Wysheid begin met die dien van die Here. Wie die Heilige ken, het werklik insig.

Insig word voorafgegaan met wysheid om te Here die dien. In die meeste situasies waarin jy jou bevind, is daar ‘n paar hande ter sprake: joune, die Here s’n, die duiwel s’n en ander mense s’n. Dis al die rolspelers. Jy kan kies waarop jy jou fokus plaas – verkieslik op die Here se hand!

Interpreteer

Wanneer jy leergierig is om God se Woord te leer ken, is die natuurlike uitvloeisel dat jy dit interpreteer. Jy maak dit jou eie. Dit word deel van jou denke – van jou binne-mens. Dan het jy die vermoë om te onderskei – en dit gee jou die begeerte om op sy Woord te WAG. Dan WEET jy dat God regverdig is.

Wonderwerke

Die grootste wonderwerk is wanneer iemand gered word. Enige mens wat na ‘n geboorte in die natuur kyk, besef dis ‘n wonderwerk, maar dit oortref nie wedergeboorte nie. Die Here wil nuwe dinge tot geboorte bring in jou eie lewe. Ons sien God se hand in werking wanneer dinge soos ongeduld, haat, onvergifnis verander en ‘n lewe belyn word met God se plan.

Onbeskaamd

Laat my hart opreg wees. Integriteit het ‘n skaars woord geword in ons samelewing. Mense moet op jou woord kan staatmaak. Jou JA moet jou JA wees. Jy het eintlik nie ‘n kontrak nodig om jou te verbind aan ‘n ooreenkoms tussen jou en iemand anders nie. Dis eintlik ‘n skande dat ons kontrakte moet teken, dit waar-merk en hof toe moet gaan om aan kontrakte gesag te gee.

Om SKAAM te wees impliseer verwarring. Deurmekaar. Die Here veroorsaak my om onbeskaamd te wees. Om met integriteit te lewe.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

11. Kaf

Kaf
081

My siel smag na u heil; op u woord wag ek.

082

My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?

083

Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.

084

Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?

085

Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.

086

Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!

087

Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie.

088

Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.

Troon

Daar is sekere dinge wat ek in my lewe toelaat om te regeer en dan is daar ook opinies en mense en dinge wat ek nie toelaat om in my lewe te regeer nie.

Heupgewrig

Die pelvis van ‘n geraamte het twee holtes waar die femur van die been inpas – dis ‘n poging om die prentjie van KAF te beskryf. As jy jou hand bakhand maak en jy bekyk dit van die kant af, maak dit ‘n bak. Jou voet maak ook so ‘n holte as jy na dit kyk van die binnekant af.

Daar word geweldig gewig deur die twee femurs van jou bobene gedra. Indien daar hier fout is, beïnvloed dit die manier waarop jy loop. Jou postuur. Dit is wat op ‘n fisiese vlak gebeur – maar ook geestelik. Dit is wat met Jakob gebeur het. Toe die Here vir Jakob in sy KAF aangeraak het. Sy wandel het verander. Fisies het hy mank geloop, maar geestelik was sy wandel van daardie dag af ook anders. Sy verhouding met die Here was nooit weer dieselfde nie. Hy het verseker geweet hy kon God vertrou – hy kon makliker oorgawes maak.

Gen.32:25-28 Toe die Man agterkom dat Hy nie vir Jakob kan wen nie, het die Man, terwyl Hy met hom stoei, vir Jakob in die heup geslaan, sodat dit uit die potjie gespring het. Die Man het vir Jakob gesê: Los My want die dag breek. Jakob het geantwoord: Ek sal jou net los as jy my seën. Toe vra die Man: Wat is jou naam? En hy antwoord: Jakob.

Die femur het uitgespring en was ontwrig uit die KAF uit.

Voet trap

Hierdie perikoop (Ps.119:81-88) vergelyk goed met dit wat God vir Josua gesê het: Elke plek waar jy jou voet neersit, dit gee ek vir jou (Jos.1). Om oor te gee – om God te vertrou – is die voorvereiste om die grondgebied in te neem.

Die koninklike letter

Daar word na KAF verwys as die koninklike alfabetletter. Wanneer God op die troon van my lewe sit – en ek in nederige oorgawe wandel – gee God nuwe grondgebied waaroor ek kan heers.

Lendene

Dis ‘n ander woord vir heupe – die kern van jou bestaan. Efe.6:14 praat van die lendene wat omgord moet wees. My gedagtewêreld – daar waar ek idees vorm – is ondergeskik aan God se wil. Dit veroorsaak ‘n hoër vlak van lewe waar ek besef die geveg is nie myne nie; dis die Here s’n.

Walk & talk

Almal is die hele tyd besig om met hulleself te gesels. Wat ek in my onderbewuste bêre, word in die proses georden volgens God se Woord. Hoe ek wandel strook met wat ek sê… en God is bekend met dit alles.

Onder die vlerke

Om God se beskerming te geniet, is opgesluit in KAF: veilig onder die bakhand-vlerk van God – soos wat Ps.91 so mooi verduidelik.

Betekenis

Hierdie agt verse is oorkoepelend ‘n uitroep van nood. ‘n noodkreet om hulp. Om betekenis te kry. My hand is leeg en smag daarna om gevul te word. My siel smag na betekenis. Verander my waardelose gevoel en herstel hoop. Ek soek eintlik na redding. Na vryheid.

Primitiewe impulse

As mens het ons menslike, natuurlike, vleeslike impulse. Reflekse. Instinkte. Die oomblik as ek dit besef en ek buig my voor die Here met my hande bak (KAF) voor Hom, kan ek oorgee. Dan word ek ‘n dienskneg.

Nie vergeet nie

Beter gesê: ek het U Woord nie afgeskryf nie. Ek hou vas aan U beloftes al vra ek wanneer…

Help my

Gee my insig sodat ek kan sien wat die waarheid is. Hoe kyk ek na ‘n situasie? Die Here werk aan my visie – soos wanneer jy nuwe lense kry na ‘n besoek aan die oorarts. Die waarheid dat GOD IS, kan ek beter insien. Ek weet dat Hy teenwoordig is! Ek kan raaksien wat die Woord sê hoe ek kan optree?

Maak my lewend

Ons sê soms ek kry hond se gedagtes… - dis hopeloos! Maar God se gedagtes, kry ek in sy Woord. dit maak my lewend. Dit is heeltemal anders as net vae, onduidelike idees. Die Bybel is tot ons beskikking. Wanneer ek dit daagliks biddend lees, word ek versterk. Quicken! God se gedagtes is liefdevolle goedheid wat my lewe onherroeplik beïnvloed.

Ewe lief

God se liefde vir ons is so oorweldigend! Hy het elkeen van ons ewe lief. Ewe veel! Veel beteken BAIE! As ek die Woord omhels, gee dit sin aan die lewe. God het nie witbroodjies nie, maar Hy het die vermoë om jou soos een te laat voel.

Dis belangriker om te weet dat God jou liefhet as wat dit is om Hom lief te hê.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

12. Lamed

Lamed
089

Vir ewig, o Here, staan u woord vas in die hemele.

090

U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.

091

Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.

092

As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.

093

Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.

095

Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.

095

Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.

096

Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.

In die middel!

Hier in die middel van die alfabet het LAMED ‘n lang nek. Prominent soos ‘n herder se staf, ‘n juk en ‘n mannetjie wat op ‘n groot halwe sirkel sit. Wie sit op jou troon? Die Man met die spyker in sy hand sit op die troon. Op die troon van jou hart – jou binneste wêreld; die middelste van jou menswees.

Godsdiens

Hier gaan dit nie oor godsdiens nie; dit gaan oor verhouding. Die feit dat ‘god‘ deel uitmaak van die woord godsdiens, beteken niks. Godsdiens is iets wat jy aan die buitekant aanplak; jy kan ‘n boksie afmerk om te sê ek het dit gedoen terwyl daar geen sin in is nie. Dit mag dalk ander mense beïndruk soos witgepleisterde grafstene. LAMED kyk na die binne-wêreld om te sien wie sit daar op die troon.

Instruksie

Hierdie perikoop is nie ‘n algemene lering nie – dis spesifieke instruksie. Daar word nie in die wind geskied nie, maar doelgerig na die teiken gemik. Die leringe in PSALM 119 bou op mekaar. Dis ‘n volgende pêrel wat saam met die vorige een gestring word. Maar dit vat ook hande met die eerste pêrel: die ongeleerde os word ingespan en geleer word hoe om in hierdie juk te trek saam met die geleerde Os, ALEF.

Nek omdraai

2 Tim. 3:16-17 – die hele Skrif is ‘n inspirasie van God. Die jong os wil die hele tyd sy nek omdraai. Hy moet nog geleer word. Kort-kort word sy nek instruktief reggedraai. Kyk vorentoe in die rigting waarheen jy beweeg. Alle inspirasie is tot voordeel van jouself. Die Woord gee instruksie van hoe om jou te gedra binne die juk wat God op jou nek sit.

LAMED het ‘n lang nek

Die Woord van God is instruktief! Dis die kern van hierdie LAMED-perikoop. VIR EWIG! Our eternal purpose! Ons eindbestemming, as gelowige, is vir ewig saam met God te leef. Einddoel!

Hemel

Waar is die hemel? Die lug bokant ons is die hemelruim. Die uitspansel sluit die sterre in. God is egter orals. Vir Moses het God gesê: EK IS. En Hy is NOU – en vir altyd! Vir ewig. Anderkant tyd en ruimte en materie – maar ook binne tyd en ruimte en materie.

Ps. 139 eggo hierdie begrip dat ons nêrens heen kan wegvlug van God af nie.

Hemel is waar God is.

Die Woord is onsigbaar – altyd teenwoordig (of jy hom sien of nie). En die Woord is autoritêr. Die onsigbare Woord se doel is om orde en harmonie te bring in my menslike gedagtes. My diepste binneste.

Bybel met ink is sigbaar

Dit wat onsigbaar is, maak die Bybel sigbaar. Verder is die Woord onveranderbaar, onaantasbaar met beginsels en waarhede wat my leer van verhouding. Ek ontdek my rol daarin!

Vasstaan – staan vas!

‘n Militêre garisoen is forte wat opgestel is om beheer uit te oefen oor ‘n spesifieke landgebeid; om orde te bring. Sy Woord is dus orals daar soos militêre buiteposte toegerus met soldate wat veiligheid bewerkstellig. God se militêre teenwoordigheid is hier om harmonie in my kop te bring. Want daar is baie goed wat ons koppe deurmekaar kan krap. Dis gesrusstellend om te weet dat ek beveilig word.

Alle geslagte

U trou is van geslag tot geslag. Alles beteken alles. Alles is onder God se beheer; niks gebeur sonder sy toesig nie. Alle dinge is diensknegte tot sy groot plan.

Verordeninge

Die kern is ORDE. Alles gebeur volgens God se orde. God is nie buite beheer nie. Niks kan Hom onkant betrap nie. Die waarhede in sy Woord is vasgelê; dit sal nooit verander nie – daar kan nie mee gepeuter word nie. Dit is gevestig. Dit staan vas. Jou doktrine mag moontlik skeef wees, maar dit maak nie die waarheid anders nie.

Die wiel sal draai

Die spreekwoord sê: die wiel sal draai, maar God is in beheer. Hier is twee groot waarhede in opgesluit. Eerstens: God is soos ‘n wiel – Hy het nie ‘n begin of ‘n einde nie; Hy is die Beginlose en Eindelose. Die Alfa en Omega. En tweedens: God is in beheer. Daar is nie wanorde nie. Dinge mag op die oomblik buite beheer lyk – nie soos wat jy beplan het nie – maar omstandighede het nie die krag om God te affekteer en Hom buite beheer te plaas nie.

God het nie witbroodjies nie

Hy is nie ‘n aannemer van persoon nie, Hy trek niemand voor nie, maar sy guns is opgesluit in myself wat gehoorsaam in die juk saam met Hom trek. Dis tot my voordeel om God toe te laat om my nek vorentoe te draai – anders gesê: om nie die padtekens langs die pad te ignoreer nie.

Verlustig

Wanneer verlustig ek my in die Here? Is dit wanneer ek elke Sondag kerk toe gaan? Bestaan my stiltetyd uit ‘n gesang wat ek sing? Doen ek daagliks Bybelstudie? Dit is wanneer ek ag slaan op die Woord se waarskuwings, wanneer die Woord met my praat oor my ego wat die voortou wil neem. Met ander woord wanneer ek toelaat dat die Woord my ego verslind. Op so ‘n manier voed die Woord my! Dan is ek besig om mysef te verlustig in die Here.

Dis nie net wanneer ek lus het vir die Here nie – die Here is altyd lus vir ons. Wanneer ek toelaat dat God se Woord my verlustiging is, laat ek toe dat ek van binne (hier van die LAMED af) regeer word. Hy is op die troon en ek leer die beginsels van sy koninkryk.

Bevele

Die instruksies en beginsels van die Woord verkwik my siel. Dit leer my hoe om te dink in elke situasie. My gedagtegang kry koers en die uitvloeisel is LEWE!

Verkwik

Ps. 23 – U verkwik my siel. Dit is in dieselfde kategorie as herlewing; iets wat dood was het lewendig geword. Wonderwerke is egter ‘n klein deeltjie van herlewing. Wanneer ek herleef hoe om my boonste verdieping vars te laat dink, is dit soos ‘n skaamgroen grasspriet wat lewnskragtig groei. Dan volg die nuwe openbaringe in die Woord. Vars ontdekkings!

Erkenning

Aan U behoort ek – wanneer ek erken dat ek aan God verbind is, het ek vrymoedigheid om om hulp te roep. Verlos my. Dit gee betekenis aan die situasie waarin ek my bevind.

Soek

Hoe soek ek die Here se bevele? Om navorsing te doen – om forensiese soektogte te onderneem, om fyner besonderhede na te vors, om met die vergrootglas God se instruksies te ondersoek. Om selfs die oënskynlik onbelangrike woorde in die Bybel na te vors.

Ag gee

Al ervaar ek die humanistiese ou mens in my wat wil opstaan, sal ek die intellektuele en emosionele gedagtes ondergeskik stel aan beginsels van die Woord. Soms moet ons die emosie uithaal en na die koue feite van ‘n situasie kyk sodat ek ‘n gesonde oordeel kan fel. Om die volle waarheid – nie net ‘n halwe stukkie waarheid nie – te ontdek, slaan ek ag op dit wat ooreenstem met die getuienisse van wie God is.

Kyk in die spieël

Hoekom kyk jy in die spieël voordat jy by die huis uitgaan? En hier praat ons nie net met dames nie, mans doen dit ook… jy kyk in die spieël nie net om te sien wat reg is in jou mondering nie, maar waar is daar iets wat nie reg is nie. Waar moet jou hare gekam word? Is daar iets in jou kleredrag wat verkeerd is? Is jou kraag reg? So spieël ons onself in die Woord.

Volmaaktheid

Dis wat ek sien: God se prentjie in die spieël. Alle ander vorms van perfeksie het limiete. Niks is perfek nie, behalwe U Woord. ‘n Vierkant is slegs ‘n vierkant wanneer dit perfek is; elke hoek moet 90 grade wees en al vier sykante moet ewe lank wees. As een sy net effens skeef is, is dit nie meer ‘n vierkant nie. Die agtste vers in hierdie perikoop eindig weer-eens op ‘n klimaks – soos elke agtste vers van elke perikoop. Om op ‘n hoër vlak van bestaan te leef. By implikasie is daar dus ‘n laer vlak waarop jy kan bestaan. Mediocre. Al is ek in my menswees onvolmaak, trek die Woord my die hele tyd op na die vlak van hoe God my eintlik sien; God se prentjie van my is altyd beter as my eie spieëlbeeld. Heavenly persona.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

13. Mem

Mem
097

Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.

098

U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.

099

Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.

100

Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.

101

Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.

102

Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want Ú het my geleer.

103

Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.

104

Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.

Golwe

Water wat na die see toe vloei, veroorsaak ‘n aanhoudende beweging. Dit vloei eintlik oneindig – MEM verwys verder ook na storms; chaos!

Die alfabetletter is ‘n agterstevoor C met ‘n strepie voor dit. LAMED en MEM bestaan uit die somtotaal van 26 letters – die woord HERE bevat ook 26 letters.

Wat beteken dit as die Koning op die troon van jou hart sit? Hy wil die heerser wees van jou hele menswees – daar waar jou diepste gedagtes is; in jou lendene. Ook daar waar chaos is.

Oordink dag en nag

Oorkoepelend wil hierdie perikoop sê hoe goed dit is om jouself in God se Woord te verlustig. Soos water wat vloei, mediteer ek op U Woord – Ononderbroke. Die Engelse tydsverwysing is present continuous – ‘n aanhoudende gebeurtenis. Hierdie begrip herhaal hom in vers 98: WYSER AS en in vers 100: MEER AS en vers 103: SOETER AS – en die begrippe ‘vir ewig’ en ‘dag en nag’ onderstreep hierdie golwende effek van die Woord wat voortduur. Nie ‘n einde nie.

Wys

Drie keer word daar na wysheid verwys (verse 98, 99. 100). Die Woord maak my wyser as my vyande, my leermeesters en ouer mense. Belangrik om te onthou dat God die oorsprong is van alle wysheid. Die Bron!

Vyande

In my is daar haters van die lig. Wanneer ek deur nuwe lig-ondekkings gekonfronteer word, ontbloot dit my diepste wese. Dis egter geen rede tot skuldgevoelens wat jou tot stillstand wil ruk nie. Vir ons skuld is daar reeds betaal. Erken dit en bely dit en gaan aan met lewe!

Bely

Is dit om jouself te gesel? Moet jy depressief raak oor die foute wat begaan is omdat die Lig dit nou openbaar het? Nee. Ek het vrymoedigheid om na die troon te kom met dankbaarheid en blydskap omdat daar reeds betaal is vir daardie sonde. Erkenning van die foute hoef jou nie te kniehalter nie; dis bevrydend!

Leermeesters

Soms leer jy by jou kleinkinders. Of by ouer mense as jy. Of by jou eie portuur. Daar is baie leermeesters in die lewe. ‘n Mens leer beginsels waarvolgens jy kan lewe. Leergierigheid is ‘n gesindheid wat solank as wat jy lewe, nooit moet ophou nie. Sodra jy dink jy weet genoeg, dis die dag wat jy begin om op te hou lewe!

Ou mense

Wysheid kom saam met grysheid… dis slegs die waarheid wanneer senior burgers hulleself ondergeskik stel aan God se Woord. net omdat hulle ouderdom in jare meer is, impliseer nie noodwendig hulle is uitgesorteer nie. Tyd saam met God bring rypheid op alle vlakke. Ervaringe en bepeinsinge oor wie God is, is die string wat die pêrels aanmekaar gesnoer hou.

Bepeinsinge

Waarmee voed jy jou gedagtes? Het dit voedingswaarde? Meditasie is die voedingsprogram hier binne-in jou hart. Soos ‘n leeu wat sy prooi vang en verswelg, so verteer ek God se Woord. Dit is wat my voed. Dit word deel van my bloedstroom: van my denke, van my beredenering, van my bestudering – selfs dit wat ek lees en memoriseer, beïnvloed my spraak. Ook dit waarna ek luister, het ‘n uitwerking op die vitamine van my voedingsprogram.

Ek

Dis opvallend hoeveel keer in hierdie gedeelte daar na die self verwys word: ek! Daar is sekere dinge wat net ek kan doen – niemand gaan dit vir my of namens my doen nie. Dis belangrik om te weet wat vir my goed is om te doen – of nie te doen nie. Of wat vir my nie goed is om te doen nie. In hierdie sin is dit goed as ek myself kniehalter van verkeerde weë – vers 101: Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad. Dit is om ‘n effort in te sit om nie op ‘n disfunksionele pad te loop nie.

Skeppingsdoel

Ons skeppingsdoel is om God te soek in al ons weë – en ons lewensdoel daarvolgens in te rig sodat die mense om my God kan sien.

Soet verhemelte

Hierdie sewende vers in hierdie perikoop praat van oorlog. Oorlog word gevoer om groter vrede as uitkoms te verkry. Groter gebiedsuitbreiding met vrede. Soet vrede as die banier van orde.

Leuenpad

‘n Valse pad is ook ‘n pad van meer as een denkrigtings; om te wik op twee weë. Iets met meer as een visie lei tot divisie. To be double minded. Om nie die leuenpad – die valse pad – te kies nie, veroorsaak ‘n hoër vlak van bestaan. Lewe! Weer-eens eindig hierdie perikoop op ‘n hoë noot – want ek het insig gekry om dit wat my weerhou van rus, te vermy. Sonder dubbelsinnigheid en dubbelhartigheid volg ek die regte padtekens.

Soos golwe is God se Woord orals. Altyd by my. Onophoudelik.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

14. Noen

Noen
105

U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.

106

Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.

107

Ek is baie diep neergedruk; Here, maak my lewend na u woord!

108

Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o Here, en leer my u verordeninge.

109

My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.

110

Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.

111

Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.

112

Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe.

Seker die mees aangehaalde vers in PSALM 119 – U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig op my pad.

Saadjie

NOEN - Elke letter is eintlik ‘n woord en ‘n omskrywing met baie inligting. Wanneer jy voor die Waarheid buig en toelaat dat dit oor jou heers, begin ‘n proses; saad ontkiem. Opstanding. Jy sit ‘n saadjie in die grond - in die donkerte – en kort voor lank breek dit die grond oop. Die waarheid wat in harte gebêre is, breek deur. Dit word sigbaar en kan op so ‘n manier ‘n verskil maak.

Vissie

Die geboorte van die kerk word simbolies uitgebeeld as ‘n vis wat swem. Daar is lewe; oorwinnende lewe vir die kerk!

Jubilee

NOEN se syferwaarde in die ou Hebreeuse taal is vyftig. Dit was aan die orde van die dag dat slawe elke vyftigste jaar vrygelaat is. Jubilee is die feesviering van die kinders van God se vrylating. Ons is vrygelaat van sonde; van skuld, skaamte en seer. Ons word vrygelaat van godsdienstigheid sodat ons die kwaliteit van ‘n opstandingslewe kan geniet.

Eiendom wat vir een of ander rede nie meer deel was van die familie se eienaarskap nie, is ook teruggegee. ‘n Jubilee-jaar is ‘n oorwinningsjaar. In die Zoeloe-taal praat hulle van jabula – dis ‘n op-en-af-spring van vreugde! ‘n Tolletjie-draai-in-die-rondte.

Lamp – lig – weg – torah

Dit is sleutelwoorde in hierdie perikoop. Torah vewys na beginsels waarvolgens die koninkryk van God werk. Oorspronklik het ‘torah’ nie na die wet verwys nie; wet klink soos iets wat jy moet doen – met ‘n vingerwysing! Wanneer daar gepraat word van ‘n lewenspad word daar verwys na ‘n denkrigting wat ingeslaan word; hoe ons moet dink! Ons brein is baie betrokke – en hoe ons gebeure interpreteer is van kardinale belang. Die Woord is die maatstaf, nie jou eie verstaan van dinge nie.

U Woord IS!

Dis ‘n belangrike begin van hierdie perikoop; die Woord spreek ons eerste denke aan. Hoe ons dink, veroorsaak lig of donkerte op ons pad. In vers 105 verteenwoordig ‘lamp’ die opstandingskrag – die opstandingsmanier van dink! Van redeneer.

Wanneer is die Woord vir my ‘n lamp op my pad? Wanneer ek dit lees. En bedink! En beredeneer. En memoriseer. Dis ‘n vervlegde aktiwiteit.

My boonste verdieping

Dit waarin die lamp gehul is, verklap jou denke – maar ook jou emosies wat verlig word! Wanneer denke die omhulsel is vir die lamp, bring dit geboorte tot gevoelens. As jy sleg voel oor iets, is daar êrens fout met jou denke; jy is moontlik nie besig om in die lig-pad van die waarheid te loop nie. Die Woord is daar om ons rasionele denke te orden in my boonste verdieping.

Jes.1:18 ‘Laat ons die saak uitredeneer…’ daar is ‘n gesprek in my denke tussen my en God – nie om die argument te probeer wen nie, maar om eerlik te wees oor hoe ek gedink het sodat ek by insig kan uitkom. Dit is niks anders as gebed nie.

Lamp vir my voet

Insig vir elke tree wat ek gee, is noodsaaklik. Vir nou! Dis nie ‘n skietlamp om in die toekoms vooruit te sien nie. Dis ‘n afhanklikheid van my daaglikse brood.

Sweer

Die gesindheid waarmee ek die Woord betree, is belangrik. Moenie die Woord vat as jy nie besluit om dit te gehoorsaam nie. Maak ‘n wilskeuse om dit te volg. Om te sweer, is om toe te laat dat God jou terug neem na sy voete toe. Om die Woord te onderhou! Dis ‘n wilsbesluit om lewend gemaak te word na God se Woord.

Verkwik

Die lewe bestaan uit pyn; baie toetse en uitdagings wat nie ontsnap kan word nie. Maar in die proses kan ek die Woord toelaat om my te verkwik binne-in die situasie. Wanneer word ek verkwik? Om God se gedagtes te dink, verkwik my. Dit het ‘n invloed op alle vlakke. Die hele Bybel leer my hoe om te dink.

Wanneer die Woord my aanspreek, het ek die keuse om aanpassings te maak.

Tog…

Self is ek in beheer van my siel, maar ek kies om beheer oor te gee. Tog gee ek vrywillig oor. Ek tree verantwoordelik op deur my beheer onder God se beheer te plaas – dit is ‘n vrywillige offergawe. Soms kies ek teen my eie grein in deur God se Woord bo myne toe te laat in my lewe.

Hart

Dis die binneplek in jouself waar jy gesprek voer – om by oorwinning uit te kom. Hierdie perikoop eindig ook met binne-gesprekke wat bestuur word deur die waarheid en koninkryksbeginsels. Spreuke sê: ‘Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word.’

Vreugde tot die einde toe

Soos wat ‘n mot wat van die donkerte af inkom en homself om die vlam van die kers vladder en ten einde dood neerval – soos ‘n perd in die wildernis wat baldadig rondhardloop – soos ‘n swaeltjie wat in die lug rond speel… dit is hoe die waarheid vreugde verskaf aan ons diepste wese.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

15. Samek

Noen
113

Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.

114

U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.

115

Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!

116

Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie.

117

Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let.

118

U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.

119

U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief.

120

My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.

TV-antenna

God se alomteenwoordigheid is soos die onsigbare golwe wat in die lus opgevang word. Dit is daar om ons te stabiliseer. Dit beveilig ons. Dit ondersteun ons. Ons word bewaar. Dit is ons skuilplek. ‘n Skild. Sekuriteit.

Doring

Soos ‘n doring, ‘n distel, aan ‘n skaap se wol vashaak, so haak God aan ons; Hy klou vas! SAMEK. Die distel gryp aan die wol vas en los nie – ‘n dankbare, vaste vertroue in God se redding. ‘n Vertroue dat daar verlossing is in God se reddende krag. Hy red jou nie altyd uit die omstandighede nie; Hy red jou binne-in die omstandighede. Soms verander die omstandighede – net soms! Maar ongeag of daar verandering is of nie, God se konstante klou aan my is my behoud. Dit hang nie af van wat ek doen of regkry nie; alles hang af van wie Hy is. Alles is klaar aan die kruis vasgemaak. Wanneer ek ook so aan Hom vasklou, gee dit my hoop.

Hoop

Wanneer ek God in die midde van elke situasie sien, het ek hoop – nie wanneer ek valse verwagtinge koester nie. Daar is ‘n spanningslyn tussen wat ek wens (of wat ek dink ek verwag) en die werklikheid daarvan. In hierdie geval is dit ‘n werklikheid dat ek op God kan hoop. Dis nie ‘n vladderende , flietende hoop nie.

Twyfel

Verdeelde gedagtes – dit is wanneer jy een oomblik vertrou en die volgende oomblik vaal. Halfhartig of dubbelhartig. Gedagtes wat in konflik met mekaar staan. Dit gebeur wanneer my hoop sentimenteel is; wanneer ek sentimenteel of tradisioneel oor myself dink. Opinies – myne of ander s’n – daarop sal ek my rug draai. Ek sal liewers van my eie opinies afstand doen en ek sal my hoop plaas op die Woord. Gewoontes maak dat ek op ‘n sekere maniere dink.

Interpretasie

Ons interpreteer dinge soms verkeerd wanneer ons nie (soos ‘n distel wat klou aan die Karoo-skaap se wol) aan God se Woord vasklou nie. Eie doktrines mag jou vaal. Tydens ‘n krisis is dit goed om te steun op dit wat jy reeds vooraf vasgemaak het.

Skild en skuld

Genade! Wanneer beleef jy onverdiende guns? Dis wanneer ek jabula omdat ek weet ek lig God se oorvloedige vrymaking soos ‘n skild op. Daarin is oorwinnende krag! Ek is nie meer ‘n slaaf van sonde nie. Ek het nie meer skuld nie. Die onderwerp is aan die kruis afgehandel. My eie vleeslike wêreldbeskouïng het nie meer ‘n houvas op my nie. Ek is vrygeskeld van alles, want God het alles aan die kruis betaal. Dit vorm my skild. My veiligheid vind ek in Hom wat my skild en skuilplek is. Dit is ‘n sielkundige feit dat skuld en skuldgevoelens soos ‘n kleed om jou kan hang. Dié bekende kleed mag ‘n gevoel van veiligheid skep – net omdat dit bekend is. Die bekende is nie noodwendig die regte kleed nie. Om bekleed te wees met Christus – om die Woord aan te trek – is om vryheid te geniet. Om te jubel!

Beroep

My skeppingsdoel is om op so ‘n manier vas te hou aan God, dat ek God soek in elke situasie tot ek Hom vind – want Hy is daar! En dan, om Hom toe te laat dat SY invloed so sigbaar is dat ander mense SY bestaan in my kan ervaar. Kan raaksien. Dit is die doel binne-in die beroep wat jy beoefen; die nering wat jy volg is nie die einddoel nie – dit is slegs een van die voertuie om ‘n verskil te maa ken by die bestemming uit te kom.

Valsheid

Dit is gevaarlik om ‘n beginsel in die Woord weg te laat wat my kwansuis beter pas. In wese is dit valshede se karaktereienskap om aanpassings te wil maak. Ek kyk op een manier wanneer ek self ter sprake is, maar as ek na ander mense kyk, oordeel ek anders. Ek oordeel myself graag op grond van my motiewe en ander op grond van hulle dade – dan moet die koue, harde werklikheid geld. Myself wil ek in genade toewikkel.

Sekuriteit

Wanneer die negatiewe dinge van my verwyder word, hou dit vir my veiligheid in. Wanneer ek deur die vuuroond van die lewe gaan, kom daar soms verkeerde gedrag na vore – soos goud wat gelouter word! Dan kom die Here en Hy skep die onnodige, die vuilighede wat na die oppervlak kom, af.

Bruid

God se bruid is die deursigtige een – soos glas. Die Here wil nie hê dat ons soos ‘n akwarium lyk vol van die parana-vissies wat rondswem nie; Hy kan die vissies uithaal en skoonmaak sodat ons deursigtig is. God weet hoe om van die onsuiwerhede ontslae te raak – hoe om die vuilighede af te skep.

Sidder

Ek het ontsag vir God. My binneste spring op uit vrees. Hierdie vrees kan ‘n geterroriseerde gesag wees – maar dit hang alles af van waar ek my bevind. As ek IN God is, is dit Hy wat my beskermer is – my skild! In daardie opsig het ek ontsag vir wie God is. Nie vrees in die negatiewe sin van die woord nie. Dit is egter vreesaanjaend om sonder hierdie Beskermer te probeer leef. ‘n Verskrikking!

Namakwaland

Daar lê lewe in die Woord. Latent. Potensiaal. Die Woord is vol saad wat reeds belê is in jou binneste. Dit is besig om te ontkiem – dit groei! Daar is ‘n Namakwalandse blommeprag in my opgesluit.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

16. Ajin

Noen
121

Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.

122

Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.

123

My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.

124

Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.

125

Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.

126

Dit is tyd vir die Here om te handel: hulle het u wet verbreek.

127

Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.

128

Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.

Gemeenskaplike oorsig oor AJIN en PE (die volgende perikoop):

AJIN praat van ons OË en PE verwys na ons MOND. Maar die verwysing is meer as die fisiese – insig en binnetoe-praat is onder andere ter sprake; hoe ons redeneer is die deurslaggewende faktor.

Soms praat mense voordat hulle gesien het. Die volgorde hoe hierdie twee pêrels ingestring is, is dus van kardinale belang. As ons die beginsel omkeer – dus eers praat voordat ons sien – kan dit ons op ‘n dwaalspoor vat.

Voordat ek iets oorvertel, moet my geestesoë dit eers sien. Dit deel maak van my ervaring. Wanneer ek dit my eie gemaak het, kan die oordrag van my storie effektiewer wees. Niemand stry met ‘n mens wat die pad geloop het nie.

OUR STORY… HIS GLORY

Sig

Om die waarheid te sien… dis nie net my waarheid of jou waarheid nie. Jesus het gesê: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Maar daar is meer ter sprake as net dit wat my oog sien – wat God raaksien is ook belangrik. God se waaksame oog is op my! En Hy kyk met insig na my! Sy fokus is op my! Niks versper daardie uitsig na my toe nie…

Sewentig

Dis die getal wat AJIN verteenwoordig. Sewe is die getal wat volmaaktheid verteenwoordig.

Onderskeiding

Belangrik om te fokus op die Waarheid. Op die Woord. Dan kan die leuen van die waarheid onderskei word. Wanneer iets in konteks van die Woord geplaas word, is dit ‘n ware beginsel volgens die Woord.

Verdrukkers

Die spieël waarin ons kyk, wys vir ons ons eie trots, ons eie ambisies, selfsug, die ou mens. Die vleeslike mens stel die meeste eise aan ons en ons ly onder sy druk. Ek is egter nie uitgelewer aan hierdie debat met myself nie, ek kan verantwoordelikheid vat vir myself.

Ek het…

Daar is sekere gereedskap tot my beskikking. Ek besit die innerlike vermoë om te kan onderskei – wat is reg?! Waarheid en valsheid kan van mekaar onderskei word. Valsheid kan homself egter soms soos die waarheid voordoen; baie dieselfde klink. Die grootste geredskapstuk tot my beskikking is om die Waarheid te KEN. Dit is hoekom ons PSALM 119 forensies bestudeer. Wanneer ek weet wat die Waarheid is, is dit makliker om dit wat ‘n onwaarheid is te herken.

Ervaring

My ervaring van die Waarheid kan niemand by my koop of steel nie. As jy iets gesien het, is jy ‘n ooggetuie en niemand kan daardie insig van jou wegvat nie.

Geregtig

Ek het die opsies opgeweeg – in my gunstige en ongunstige omstandighede – en die waarheid seëvier. Geregtigheid is nie gekoppel aan my wipplank-emosies nie. ‘n Lekker of sleg gevoel het, is van geen belang nie. Die besluit wat ek neem is ‘n onafhanklike besluit wat nie beïnvloed word deur emosies nie – dis dinamies gekoppel aan die waarheid.

Gee my nie oor aan…

Die onderwerp om van die Here afhanklik te wees, is ononderhandelbaar. Hierdie perikoop wys herhaaldelik aspekte uit wat ek nie self kan doen nie: wees my borg, handel met my, maak my verstandig, handel…

Ten goede

Om doel en betekenis te vind in die situasie waarin ek my bevind, is om God te midde daarvan te sien. Dit gee sin – niks is sinledig nie. Dis ook nie die situasie waarin ek sin en betekenis kry nie; dit is slegs in Hom te vinde. Elke vraag hoef nie beantwoord te word voordat ek God se betekenis kan ervaar nie. Slegs God voeg waarde toe tot elke situasie.

Handel

Wanneer die Here met my deel, is dit soos ‘n tapeserie; dit het altyd ‘n beeld, ‘n prentjie, wat voorgehou word. Dit is die beeld van God wat altyd voorgehou word. Die Here het ‘n sekere plan van hoe om sy beeld, sy karakter, sy natuur op my uit te werk – steek vir steek. Ons perspektief is meestal vanuit die deurmekaar onderkant. Dis net ‘n geknopery! Daarom kan ek sê ek is arm in begrip; ek weet nie hoe die Here se groot prentjie vir my lyk nie. Leer my wat is die volgende steek in hierdie tapeserie. Wat wil U doen!? Ek het nie die ervaring nie; dis ‘n vreemde situasie waarin ek my bevind. Ek kry nie altyd antwoord op die hoekom nie, maar ek kry antwoord op die dat! Dat God daar IS!

Wiskunde

Ons kan Wiskunde hê – met formules! Einstein het gesê e=mc2 – maar dit help my niks as dit nie toegepas kan word nie! As dit nie geïnterpreteer kan word nie. Toegepaste Wiskunde help my in die praktyk. Dit is hoekom ons Bybelstudie doen en die Woord met mekaar deel; soos wat die Here ons oë oopmaak, kan ek verduidelik wat die toepassing daarvan is. Die effek is in my lewe sigbaar. Pragmaties. Ek is verstandig wanneer ek onderskeiding geniet.

Ken

Dis nie kopkennis nie. Dis nie weet nie. Sommige mense het al gehoor van Jesus, maar sonder ervaring van wie Hy is. Ek weet wie die land se leier is, maar net omdat ek sy naam ken, beteken dit nie ek KEN hom nie. Ek weet nie wat sy voor- en afkeure is oor kossoorte nie. Om die Woord te ken, is om nuwe ervaring op te doen – nuwe ontdekkings te maak van wie Christus is. Dit is dus ‘n intieme begrip. Persoonlike ervaring!

Daarom

Aan die einde van hierdie perikoop kom daar insig. Absolute waarde – dit wat waardevol is. Is dit aardse besittings of hemelse rykdom? Die Woord het die laaste gesag! Dis ‘n voldonge feit dat die Woord ons absolute waarde is. Die finale sê bring my dan by die regte gevolgtrekking uit.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

17. Pe

Pe
129

U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.

130

Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.

131

Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.

132

Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.

133

Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

134

Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.

135

Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.

136

My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.

Oop Mond

Oop mond met ‘n strepie in die middel – soos ‘n stang in die bek van ‘n perd. Die kragtige dier word daardeur gestuur. Gerig. Ons monde kan verskriklike dinge sê en verhoudinge seermaak, selfs vernietig. Maar om die waarheid te praat, maak ‘n positiewe verskil. Om jou mond toe te hou wanneer daar gepraat moet word, is ook nie ‘n antwoord op die waarheid nie. Stilswye kan gesien word as saamstem met onwaarhede.

Besnydenis

My mond moet eintlik besny word, want wat ek sê, bepaal die koers. Besnydenis is wanneer die voorhuid weggesny word sodat daar meer sensitief kan wees. Wanneer die los vlees wat om die punt van jou hart sit, weggesny is, verwyder dit die ongevoeligheid. Dit spreek sensitiwiteit vir die Heilige Gees aan.

Waarheid

God is! Dis die grootste waarheid!

God is vir jou – nie teen jou nie!

Wonderbaar

In die begin het God gepraat – alles wat Hy in Genesis 1 tydens die skeppingsproses gesê het, het wonderbaarlike dinge tot gevolg gehad. Wat my mond uiter het die potensiaal tot dieselfde wonderlike skeppingskrag.

Opening van my mond

Wanneer ek God die absolute waarde gee, dan praat my mond ligstrale in ‘n donkerte in. En as God se Woord my binneste ingaan, gee dit insig. Dit verlig my omstandighede – dit gee helderheid. Dit gee begrip en dui rigting aan.

Eenvoudiges

Dié wat oop is vir die verbondsverhouding met God. God het namens my gedoen wat gedoen moes word en ek is slegs die een wat voordeel daaruit trek. Ek hoef nie meer iets ekstra te doen om dit te verdien nie. Ek kan dit eenvoudig net so aanvaar en aanneem.

Smag / hyg

Ek verlang intens na U Woord – vanuit my diepste binneste. Dis waarna ek smag. Soos ‘n wildsbok wat smag na waterstrome – so smag my siel na die vervulling van die Woord. Gesonde voeding gaan by die mond in. So word ek gevoed met die Woord wat voedingskrag het.

Aangesig skyn

Ek begeer om U persoonlike teenwoordigheid te ervaar. Ons weet God is alomteenwoordig, maar daar is tye wat ons sy nabyheid net feller ervaar.

‘n Dienskneg kyk in sy eienaar se gesig

Voetstappe

Daar is hartstogte wat in my hart na vore kom… help my om progressief (soos wat my voete my vorentoe vat) in die regte rigting te loop. Ek word beskerm teen my eie opsessies.

Dienskneg

‘n Slaaf wat vry is en kies om steeds by sy eienaar te bly, kies om gevange te bly. ‘n Omdraai om aan sy eienaar te behoort. Om alle regte op te gee. Dis diensbaarheid teenoor God. Ek wil U teenwoordgheid ervaar deur U te dien. Uit vrye keuse.

Riviere

‘n Rivier ontspring – ‘n bron wat in strome afloop. ‘n Fontein het iewers ‘n oorsprong. ‘n Begin. ALEF. Alles vloei voort vanuit God. Vanuit God se empatie en simpatie kan ek na mense kyk en so ‘n verskil maak.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

18. Sade

Sade
137

Here, U is regverdig, en reg is u verordeninge.

138

In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou.

139

My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.

140

U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.

141

Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.

142

U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.

143

Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.

144

U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.

‘n Mannetjie wat op sy sy lê…

'n Man op sy knieë met sy hande in die lug...

‘n Jagter vat die spoor en soek tordat hy sy prooi kry...

Hook & Hunt

Ons is gered om regverdig te wees. Om op ons knieë te staan met hande omhoog as simbool dat ek my onderwerp aan die waarheid – dit is wat geregtigheid is. My reaksie daarop is ek loof en prys Hom. Waarna jaag ek? Waarna jag ek? Ek is ‘n jagter agter die waarheid aan; ek wil uitvind wat die Here vir my probeer sê uit hierdie stukkie vers of perikoop. En as ek dit gevind het, wil ek myself haak aan hierdie waarheid – en myself aan hierdie werklikheid vasknoop. Onlosmaaklik. Ek jaag iets na omdat ek dit wil vind – nie om doelloos rond te dobber nie. As ek aan die Waarheid vasgehaak is, lei dit my in die regte rigting.

Meer as ‘n oorwinnaar

Die mannetjie wat lê, het klaar opgestaan in die waarheid. Hy rus in die Here. Dis ‘n vrymaking; ek is nie meer ‘n slaaf nie. Ek is losgekoop. Ek is so opgeruimd daaroor dat ek daarin kan rus – per slot van sake is dit God wat die werke van geregtigheid in my uitvoer. Ons kan die regte dade probeer doen – ons noem dit godsdiens – maar wanneer ons toelaat dat God in en deur ons leef, vind geregtigheid deurslag in my lewe.

Ons kan vanuit rus lewe!

Beproewinge

Die oomblik as ek hook & hunt na die waarheid – en rus in Hom – dan het beproewinge nie meer die houvas op my nie; dan kan dit my nie meer jaag en hak nie. Die dodelike giftigheid hoef my nie meer lam te lê nie. Ek is vry.

Louter trou

Hoe meer ons insig groei oor wie God is, hoe meer kom ons agter dat Hy betroubaar is. Ons kan Hom met alles in ons vertrou! Spreekwoordelik is Hy gelouter. Al het integriteit ongeukkig ‘n skaars beginsel in ons lewens geword, is daar ten minste Een wat vertrou kan. Daar is niks fout met God se Woord en die beginsels daarin nie.

Paulus

Ons vergeet soms dat Paulus die inligting gehad het wat in die Psalms is. Dit was tot sy beskikking. Hy het hierdie Psalm 119 tien teen een goed geken. Dalk selfs gememoriseer. Dit is verstaanbaar dat Paulus vir die Nuwe Testamentiese gemeentes hierdie beginsels probeer oordra het. Dit is eintlik waaroor sy briewe gaan; hy lewer kommentaar oor die Ou Testament en beginsels van die alfabet. Daarom kan hy dinge sê soos ‘wees altyd bly’. Fil.4:4 en Efe.5:20 en 1Tes.5:16 is voorbeelde hiervan.

Ywer

Voeding! Ek voed my verstand, my gedagtes, my binneste met U Woord en ek lig U Woord op in my lewe – soos ‘n banier. Die teëstanders wat hierdie beginsels vergeet, verwys na my ook. Ek moet dus nie vergeet wat ek geleer het nie; as ek ywerig aanhou voed, het ek uithouvermoë op die pad vorentoe.

Ken jou vyand om teen hom te veg

Wanneer word jy jou eie vyand? Wanneer jy verkeerde dinge najaag en dit aan jou denke haak. As ‘n visstok aan iets vashaak, doen hy dit om te klou. Dis belangrik om te prioritiseer.

Deur en deur gelouter

Hoe lief is jy regtig vir die Woord? Die hoeveelheid tyd wat jy spandeer aan jou binne-gesprekke verklap hoe lief jy vir die Woord is. Lees en bestudering van die Woord stimmuleer die suiwerheid – soos wat water deur ‘n osmosiese suiweringsproses gaan. Die Woord is suiwer! Deur en deur gelouter. Rein!

Geen verdoemenis

‘n Dienskneg is iemand wat jabula omdat hy by ‘n punt gekom het waar hy besef dat God hom vrygespreek het. Vry van sonde – daar is geen verdoemenis vir hom nie. So is ek ook nie meer veroordeel tot die ewige dood nie. Die las wat op my skouers gedruk het, het ek aan God oorgegee; dit word genoem redding!

Rom.8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie.

Ek is klein

Eintlik is ek van U afhanklik, Here. Ek het niks om aan te bied vir my redding nie. Ek het geen regte om op te staan nie – eintlik kan ek oor niks in myself spog nie. Maar! Al is ek ‘klein’ vergeet ek nie die Woord nie. In vergelyking met hoe groot God is, is ek klein, maar nie minderwaardig in God se oë nie. God se liefde sien juis vir my raak!

Ps.8:5-6 Wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikhheid gekroon.

Syne is nou myne

Soos die oneindigende draai van ‘n wiel – daar is nie ‘n begin en einde nie – so het Sy geregtigheid ook myne geword. ‘n Tydlose werklikheid!

In die midde

As jy dink die lewe is sonder pyn, gaan jy ontnugter raak en dit kan jou depressief maak. Benoudheid is onvermydelik, maar om in die midde daarvan steeds te vertrou op die Woord, bring my op ‘n plek waar ek myself steeds in Hom kan verlustig.

Verstandig

Die Ethiopiër het eendag op die wa gery het en die boek Jesaja gelees sonder om dit te verstaan. In Handelinge 8:30 lees ons dat Filippus vir hom vra: ‘Verstaan u wel wat u lees?’ Die Ethiopiër het hom genooi om op die wa te spring en aan hom die Woord te verduidelik, want hy het dit nie verstaan nie. Ons het nodig om by beter insig en begrip uit te kom van wie God is.

Belangrike vrae

Hoe lief is jy werklik vir die Woord?

Glo jy werklik dat die Woord rein is?

Is ek ‘n dienskneg wat vrywillig alle regte opgee?

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

19. Kof

Kof
145

Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o Here! Ek wil u insettinge bewaar.

146

Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.

147

Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.

148

My oë is die nagwake voor om u woord te oordink.

149

Hoor my stem na u goedertierenheid; o Here, maak my lewend volgens u verordeninge.

150

Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.

151

U, o Here, is naby, en al u gebooie is waarheid.

152

Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.

Voor baie preekstoele het ‘n kansellap gehang waarop ‘n groot P is – een met ‘n sonstreep deur.

Seisoene

Elke seisoen is belangrik – ons kan nie winter oorspring nie. Soos pêrels wat aanmekaar gestring word. Winter word altyd opgevolg deur lente – en dan somer en herfs. Daar is ‘n geordendheid in die natuur. In seisoene. Dieselfde Een wat natuurwette ingestel het, het sekere geestelike beginsels ook vasgelê. Die Here bepaal seisoene en ons kan nie ‘n seisoen oorslaan nie. Maar ons sê nie hier die lewe is ‘n wipplankry nie – dis ons emosies wat op en af mag wees. Maar in God is daar stabiliteit. Konsekwentheid! Waarheid!

Prediker sê dis genade om die lewenseisoen waarin jy tans is te kan identifiseer. Dis nog ‘n groter genade om dit met blydskap te kan geniet. Vol vreugde.

Waarheid

Wat is waarheid? Dis onveranderlik en onafhanklik van my gevoelens of selfs mense se opinies. Kultuur of taal kan nie waarheid verander nie. ‘n Stoel bly ‘n stoel ongeag watter woord in watter taal jy daarvoor gebruik. Tradisie of verskillende geloofsoortuiginge kan ook nie van die waarheid ‘n onwaarheid maak nie.

So kyk ons na die Woord… dit maak nie saak vanuit watter hoek jy dit benader nie; as jy besig is met die waarheid gaan jy uiteindelik uitkom by dieselfde grondbeginsels.

Na-aap

KOF staan hoofsaaklik vir heiligmaking. Maar hier is ‘n groot waarskuwing: godsdienstigheid kan amper lyk soos die waarheid. Amper! ‘n Nabootsing is egter nie die ware Jakob nie. As ek geregtigheid verstaan, lei dit onvermydelik na heiligmaking. Heiligmaking kan jy nie na-aap nie. Monkey see monkey do. Die feit van om na te aap kan ‘n skadu plaas oor die werklike betekenis van ‘n spesifieke waarheid, bv. ‘bless you’!

Bless you

Wat bedoel ons as ons dit sê nadat iemand genies het?! Begeer ek regtig in die oomblik vrede vir daardie persoon? Sê ek wat ek bedoel en bedoel ek wat ek sê? Of is dit net ‘n onverskillige rondgooi van mooi woorde? Om iemand te seën, is ‘n grootse begrip – dis nie net ‘n streling van woorde nie. As ons God se terme gebruik, is dit beter om die regte bedoeling daarby sit. Die waarskuwing is dat verkeerde gebruik kan lei tot ligsinnigheid.

Holiness is happiness

Heiligheid beteken om afgesonder te wees – om eenkant gesit te word; om uitgesonder te word – en die uitvloeisel daarvan is vreugde. Geluk is nie altyd net ‘n glimlag nie; dis ‘n tevredenheid wat hier diep binne-in jou lê. In jou lendene! ‘n Satisfaksie diep binne-in jou hart. Dit kan geen sielkundige tegniek prakseer nie. Heiligheid is nie ‘n strak gesig nie – al is dit ‘n ernstige saak in opregtheid. Om anders te wees, om uniek te wees… dit is hoe God elkeen van ons gemaak het.

Ganser harte

Gee die Here absolute gesag. Nie halfhartig nie.

Sonskemering en nagwake

Voor die sonskemering is die tyd van die dag wanneer die son opkom en nagwake impliseer die son het klaar gesak. Sonop en sonsak is in alle seisoene – soos wat God altyd daar is. Die son mag in die winter effens later opkom as in die somer, maar hy gaan beslis sy kop uitsteek. Die betekenis is hier meer op geestelike seisoene. Ongeag waar jy jou bevind, kan jy op God hoop. Op U Woord WAG ek. God antwoord! Dis sy sprekende woord – sy praat-woord. Wanneer ek dus die Bybel lees, dit oordink, bepeins en mediteer, begin dit lewendig word hier in my binneste. My eie asem begin daarin polsslag vind. Dis hoe ek hoop kry, want die geskrewe letter is dood totdat dit in jou opstaan en lewe.

Bepeinsing

Dis soos ‘n buffel wat sy kos insluk en daar is ensieme berokke wat die kos weer boontoe bring en hy kou dit weer. Dis wat herkou beteken – die proses word herhaal. Nog voedingstowwe word ingesluk en na vore gebring. Meditering is om een stukkie van die Woord op ‘n slag af te byt en dit goed deur te kou – vers vir vers – voordat jy die volgende stukkie afbyt. Dan kan ek sê die Here ‘praat’ met my. Die laaste herkousel word soms opgebring; ‘n harde klont uitgekoude gras waarin daar nie meer voedingswaarde is nie.

Hoop

In die Hebreeuse taal is daar soms ‘n woord binne-in ‘n woord. Normaalweg lees jy van regs na links, maar om die verskuilde betekenis te ontdek, kan jy ook van links na regs lees. Binne-in die woord HOOP is daar ook die begrippe van ‘karring’ – meditering! Die Woord is herkou!

1Pet.2:2 – verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die Woord dat julle daarin kan opgroei.

Hier word na volroommelk verwys. Afgeroomde Woord gaan nie vir jou hoop gee nie. Netso kan jy nie met afgeroomde melk probeer om kaas of botter te maak nie. Jy gebruik die room – dis waarin jy belangstel!

Hierdie is glad nie ‘n verwysing na jong Christene nie. Nee. Dis ‘n metafoor van hoe ons lewens daarvan afhanklik is om onvervalste Woord in te kry - soos wat ‘n pasgebore baba na melk hunker om te leef, om te oorleef, om te groei.

Karring

Die Woord wat ons moet inkry, is soos die volroommelk. Woord waaraan gekarring is. Room waaraan gekarring word, word bruikbaar. Dit word dik. Dit word botter (met ‘n bietjie sout by vir preservering). Of kaas. Kaas word onder druk geplaas; dit word gepers (so kan ons weerstand in ons Christen-wandel beskryf). Wanneer die afgeroomde melk van die volroommelk geskei word, kan ‘n proses begin – en spreekwoordelik is die eindproduk… harmonie! Kaas en botter het sekere voedingstowwe wat jou gesondheid bevorder. Die Here laat omstandighede toe – hy laat mense in ons lewens toe – wat aan ons karring, wat aan ons skud. So kom ons by die dans van die lewe uit: as iemand vrolik is, dans hy in die rondte met sy arms oop. Hy tol en hy is laf sonder enige bekommernis. Vol vitaliteit. Dit is wat HOOP gee. Harmonie.

Eugene Peterson: Let me tell you why you are here. You’re here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? (Mat.5:13).

Internalisering

Wanneer die geskrewe woord dus die geïnterpreteerde woord word, begin ek dit bepeins. Eers dan kry ek ‘n indruk van wat die Here eintlik vir my sê.

Stem

Scenario: ‘n Soldaat in die weermag staan in die tou om sy meisie te bel – as Santjie aan die anderkant antwoord, vlam sy gesig op. Sy gesig lyk anders as haar pa antwoord, want hy hoor die stem van oom Daan en sy gesigsuitdrukking val. Wanneer oom Daan vir Santjie roep en hy haar stem hoor, verander sy gemoed; sy gesig helder op, want hy weet dis sy nooi; hy ken haar stem!

In vers 149 sê hy Here luister na my stem. U sit my in situasies wat my uitweeg. Situasies wat my blootstel aan my stand met U. Ek word opgeweeg. My stem gee my weg. My stemtoon verklap my gemoed. My stem verraai my emosies. ‘n Mens se stem verklap ook jou stemtoon.

Kantlynraad: Jy kan maar eerlik wees met die Here. Jy hoef nie voor te gee wat jy nie is nie. Jy kan God nie flous nie.

Nader – naby

Dis begrippe wat mekaar in verse 150-151 eggo. Die klem lê op wat is naby aan jou; die Woord praat eerstens met jou. Met my! My binnegesprekke. My ou mens is baie naby aan my en hy is vol selfsug en eie opinie. Dit skree soms harder as die Here se stem. Jy kan ver vlug, selfs emigreer, maar jy vat jouself altyd saam. Gelukkig onthou hy ook dat die Here (mos!) naby is. Selfs nader! Jy kan Sy stem mos persoonlik hoor – dis hoe hoop met ‘n hoofletter klink.

Die Message parafrase (verse 150-151): as those to get me come closer and closer, they go farther and farther from the truth you reveal; but you are the closest of all to me, God.

Lankal geweet

Dis alleenlik wanneer kopkennis verander en persoonlike, intieme ervaringskennis word dat God se stem ‘n bekende stem in my lewe word. U stem gee sekuriteit – en vreugde! Dis wat hierdie perikoop – KOF – probeer sê: heiligmaking is om ag te slaan op wat in jou diepste wese aan die gang is en jouself in te stem op God se frekwensie in elke seisoen van jou lewe.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

20. Resj

Resj
153

Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.

154

Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.

155

Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.

156

Here, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.

157

My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.

158

Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.

159

Aanskou dat ek u bevele liefhet; o Here, maak my lewend na u goedertierenheid.

160

Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Kierie

Hoe kom ek na die Woord toe? Soos ‘n man wat geboë staan met die hulp van sy loopstok. In nederigheid. Afhanklik en bewus van sy behoefte. Met oop ore en met ‘n gereedheid om te ontvang dit wat na my kant toe kom: sien my ellende raak…

Boonste verdieping

Die begin van alles is ons rede – hoe ons dink. Ons geloof (volgens die Bybel se beginsels) is nie iets wat net in die lug hang nie; dis ‘n intellektuele, verantwoordbare, letterkundige werk wat praat van ‘n werklike Persoon, naamlik die almagtige God.

1Pet.3:15 – Heilig die Here julle God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen…

Daar is ‘n gevaar dat ons alles so wil uitredeneer met ons koppe wanneer dinge nie sin maak nie – dan word die rasionale die afgod indien dit ons geloof oorheers.

Ons verstand is dus baie sentraal in hierdie perikoop. Met goeie redeneervermoë kan ons die krom paaie reguit maak.

Sien en aanskou

In verse 153 en 159 kom hierdie sinoniemiese begrippe na vore: om te onderskei! Nie net sien met fisiese oë nie. Om insig te bekom.

Red my en verlos my

Dié begrippe komplementeer mekaar in die eerste twee verse (153-154). Dit is twee hebreeuse begrippe. Hoekom is hy in vers 153 in ellende? Hier het hy nog nie erken wie die ALEF is nie – redding is nodig. Wanneer ek in ‘n stressvolle situasie is, vergeet ek maklik die groter prentjie dat God alomteenwoordig is. Al weet ek wat die Woord sê, het ek vir ‘n oomblik die toepassing daarvan gemis en voel ek alleen.

Red my – stroop my van my ekkigheid. Hierdie redding verwys nie na wedergeboorte nie; dis ‘n red van myself. My ego en selfsugtigheid het in die plek kom staan van die ALEF; die wegspringplek van my denke.

Verlos my – die losprys is klaar betaal; ek is losgekoop en is nie meer onder die slawerny van hierdie ekkigheid nie.

Maak my lewend

Wanneer ek besef ek is losgekoop, kan ek vry begin lewe. Die manier hoe ek met myself praat, behoort die lewende Woord vir my te verklaar. Dis asof jy net langs die spoor gehardloop het en nou weer op die regter spoor op koers is.

Nie soek nie

Wat hier dus nie gedoen word nie, is forensiese ondersoeke na die Woord. Hulle stel nie belang in die detail van die Woord nie – soos om met ‘n verkyker te kyk en nie met ‘n vergrootglas nie. Om met ‘n omgedraaide verkyker te kyk, streel net die gemoed om darem te sê ek het ‘n paar versies gelees sonder om te onthou wat daarin staan. Soms is selfs kerk-toe-gaan net om ‘n gewete te sus. Dis ‘n keuse om nie gevoed te word met die volroommelk nie. Die heil is ver van hulle af.

Heil

Die essensie en rede vir ons bestaan, ons skeppingsdoel, is om te begin dink soos wat God dink. Om te weet die God van die Bybel is… NOU!

Ekkig

Dis wanneer EK op die troon sit. Die Bybel is nie ‘n skinderboek nie – goddeloses en vervolgers en teëstanders waarna verwys word, is nie skindernuus oor ander mense daar ver nie; dit verwys na die EK wat wegbeweeg van die beginsels van die Woord. Wanneer ek nie toelaat dat die Woord my aanspreek nie, gee ek humanisme staanplek in my lewe. Humanisme is wanneer menslike rede belangriker geag word as God se opinie. Ek dink soos wat ek wil dink en laat nie toe dat God se denke my denke korrigeer nie. Dis dwaas om die waarheid te kompromeer. Aan die waarheid hoef nie aanpassings gemaak te word nie. Om gebruikersvriendelik te wees is nie die opsie nie. RESJ beteken ‘regstelling’. Stel dit reg volgens die oorspronklike bedoeling.

Menigvudige barmhartighede

Tender mercies! Die baarmoeder is sag en ontvanklik; dit verwelkom die saadjie wat daarin omvou word sodat die fetus kan groei. ‘n Knus, veilige omgewing waarin die wonderwerk kan vermenigvuldig. Tydsberekening vir elke ontwikkelingsfase word presies uitgemeet. Geboorte is ‘n onvermydelike uitkoms. Resultaat. Iets van die God se karakter word hierin openbaar: Hy koester die lewende woord, die saad, wat in my gedeponeer is. Soos wat daar lewe binne ‘n vrou wakker gemaak word wanneer sy swanger is en beweging kan onderskei, so groei die ingeplante Woord in my tot volle wasdom. Die lewe skop. Die barmhartighede is menigvuldig – en God se grootheid bereik nuwe verstaan in my denke. Dit het ‘n effek op my gedrag. En my toekoms. Hy verkwik my wese deur goedheid en guns aan my te bewys. En daar is nooit ‘n einde nie.

Hele inhoud

Hoe kan ek uitstyg bo die normale godsdienstigheid en lewe ervaar? U waarheid is die begin van alles – dis goed dat ek reg begin en my hou by die manier hoe U wil hê ek moet dink – my wandel! Nie net ‘n halwe waarheid nie. Om my denke verlig te hê met die vuur van God is om nie net die halwe waarheid te koester nie; alles draai om die allesomvattende beginsel: Alfa en Omega. Die beginlose en eindelose.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

21. Sjin

Sjin
161

Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.

162

Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind.

163

Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief.

164

Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.

165

Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

166

o Here, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.

167

My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.

168

Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.

Tande

Niemand sluk kos net heel in nie. SJIN impliseer dat minstens twee maaltande nodig is om die Woord mee fyn te kou. Dieetkundiges sê hoe fyner jy jou kos kou, hoe beter vir die verteringsproses. Vir gesondheid. Jy gooi dit in jou palet rond, kry die smaak daarvan en meng dit met ensieme. Daar is ‘n deeglike voorbereiding en afbreek van kossoorte voordat dit in jou maag geabsorbeer word. Dis die voedingstowwe wat jou liggaam kan opbou. Wanneer jy versadig is, beleef jou liggaam ‘n staat van satisfaksie. Dis wat SJIN probeer beklemtoon: Vrede! Harmonie!

Skerpte

Jy herken valsheid as alles wat nie soos die waarheid lyk nie. Jy hoef nie die verkeerde in diepte te bestudeer nie; ken net die waarheid sodat jy dit kan erken – en herken. Wees versigtig waaraan jy dink. Waaraan jy kou; soms kan daar fyn beentjies in ‘n skaappotjie wees – en jou tande vermaan jou om uit te spoeg dit wat jou ingewande mag beskadig. Onderskei! Wanneer ek iets herkou, bepeins ek daaroor om die waarheid te herken.

Meditasie is nie ‘n leeg-maak van iets nie, inteendeel; dis ‘n vol-maak met waarhede! Nadat die kou-proses die kos in kleiner sukkies afgebreek het, volg ‘n belangrike proses van opbouïng.

Shalom

Vrede was die groetwoord in die Hebreeuse tyd. In baie kulture is dit vandag nog steeds so. Mat.5:6 som hierdie ervaring van satisfaksie so op: dié wat honger is na meer van U Woord sal heeltemal versadig word.

Vrede is nie die afwesigheid van oorlog of konflik nie; dit is die uiteinde van ‘n afgehandelde proses tot volle bevrediging. Dit is dus die gevolg van ‘n sekere denk-proses – van ‘n gekou. ‘n Toenemende proses.

Die volgende begrippe word betekenisvol in die Amplified-vertaling gebruik: impliseer completeness, to be full,– stop allowing yourself to be agitated… (Joh.14:27)

Groot vrede

Nie net gewone vrede nie. Niks behoort jou te affekteer. Vrede het trappe van vergelyking – hier het ons te doen met groot vrede. Om nie aan iemand die voorreg te gee wat jou emosies kan omkrap nie. Unoffendable!

Soms word ons kleiner vrede geskud met die doel dat daar groter vrede is om te beleef. Die pêrels van oorwinnings in die verlede is ‘n profesie van groter oorwinnings wat in hierdie halssnoer ingestring gaan word. Meer vrede! Dit gaan alle verstand te bowe.

Volborstig

Ons kan bly wees wanneer ons goeie voeding inkry. Volborstig. ‘n Baba word gevoed met presies dit wat hy nodig het. Selfs al sou ‘n baba een of ander kiem onder lede het, vorm daar in die borsmelk ‘n natuurlike antibiotika wat nodig is om die siekte te kan beveg. Hierdie perikoop oor SJIN moedig ons aan om vol vreugde te wees. Gratitude! Being full of cheer!

As jy beeste die regte voedingstowwe laat eet, is hulle uiers vol melk. Loop ek en jy spreekwoordelik met vol borste rond – met genoeg melk om nie net vir onsself te sorg nie, maar ook vir ander te gee?

Tem

Die SJIN-proses is: AFBREEK (die kos word afgebyt en fyn gekou) – OPBOU (die liggaam word versterk deur voeding) – PRESERVER (beskerming wat lei tot vrede) – TEM (makmaak van die ego).

‘n Perd met sy primitiewe instinkte word getem sodat hy bruikbaar kan wees. Om getem te word, is om ingebreek te word. Dis nie ‘n stukkend-breek-proses nie. Deur ‘n stang te gebruik, word inperkinge bestuur om hom mak te maak. Die doel is nooit vernietiging nie, maar oprigting. Bruikbaarheid! ‘n Perd is baie sterker as ‘n mens, maar as hy onder jou saal is, kan jy hom stuur. Beheer. So is die menslike ego ‘n dierlike instink wat reg gekanaliseer kan word. Eie vervulling en bevrediging behoort nie eerste op die prioriteitslys te wees nie.

Vorste

Leiers kan ons teleurstel. Dis nie goed om ons vertroue op mense te stel nie – selfs nie hoë lui nie. Omdat ek respek het vir die Woord, is dit ‘n feit dat ek altyd op God kan vertrou. Dit is altyd beter.

Krake

Vrees is ‘n opening in die muur – en die Here gebruik mense om vir ons die krake uit te wys. Soms sit my kop mense op ‘n hoër platform as wat hulle verdien. Indien jy hulle in posisies plaas waar hulle nie hoort nie, kan jy self die oorsaak wees vir krake in die muur.

Hoe kry ek my denke reg?

Van Genesis tot Openbaring sê die Bybel vir ons hoe God dink – en hoe Hy nie dink nie.

Vrolik

Iemand wat ‘n groot buit gevind het, is uitbundig opgewonde. Dis die resultaat van positiewe opbouïng. Om God deurentyd op die troon te sien, is ‘n ander manier om te sê ek loof U sewe maal elke dag. Dis die perfekte manier om te reageer. Dit is ‘n gevoel wat meer is as net ‘n gevoel. Die feit daaragter maak my vrolik.

Hoop

Die omvang van die begrip ‘hoop’ word uitgebrei; ek het na die begin teruggedraai om die eerste pêrel in die halssnoer weer te bekyk. ALEF - die God wat Almagtig is, is die Allerhoogste, die Alomteenwoordige, die Alwetende. Hierdie gedagte het my hoop vervars. Dis wanneer die sin in die lewe terugkeer – dis wanneer ek my waarde en waardevolheid besef.

Anders gesê: wanneer die lewensgolwe my onderstebo slaan en my swembroek vol sand is, wanneer ek hopeloos voel… dis wanneer ek opstaan en uitstap om perspektief te kry oor wat nou hier gebeur het. Om ‘-loos’ nie by HOOP te sit nie!

Die rede vir jou bestaan is nie gekoppel aan jou beroep of jou huweliksmaat of jou kinders of jou geld of goeie goed wat met jou gebeur nie, dis gekoppel aan God – die ALEF. Dis jou anker!

Volbring

…as ek hoop kry, vat ek die naald en garing om verder aan die tapeserie te werk – om God se prentjie oor my verder te voltooi, want al my weë is voor U. Alles wat in my boonste vedieping gebeur, is aan Hom bekend. Daarom is ek versigtig wat ek koester.

Toe Jesus aan die kruis gesê het DIT IS VOLBRING, het hy geïmpliseer dat Hy die hele stel van die tapeseriewerk gegee het. Die doek waarop die werk gedoen word asook die volledige stel garings of wol – verskillende kleure. Die doek het die prentjie van die eindproduk. Die bloudruk. God sê: Ek gee vir jou die hele stel sodat jy MY PRENTJIE op jou lewe kan uitwerk.

Siel

Dis WIE ek is: Wil + Intellek + Emosies. Alles in my het U Woord lief. Het U lief!

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

22. Tau

Tau
169

o Here, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.

170

Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.

171

My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.

172

My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.

173

Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.

174

o Here, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.

175

Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.

176

Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

PSALM 119 is ‘n langafstandwedloop – 22 keer om die baan met elke Hebreeuse alfabetletter. Dit voel of die ander atlete met tye vir my weghardloop – dit laat my uitasem. Met hierdie laaste rondte is ek weer op volspoed soos wat ‘n atleet vars asem kry wanneer hy die pylvak nader. En die einde is weer die begin… die goue draad wat al die pêrels aan mekaar vasbind. Seisoen na seisoen. Die alfabet leer ons om rustig aan te hou hardloop. God is die beginlose en die eindelose.

Kruis

Net na die skepping, toe die Hebreeuse taal ontwikkel het, was die kruis deel van die alfabet. Die kruis was nog altyd deel van God se plan – ‘n teken van hoop! Hierdie alfabet eindig nie in hopeloosheid nie; die kruis was nooit ‘n teken van onderdrukking nie, maar wel ‘n simbool van vrymaking. Hierdie laaste pêrel wat ingestring word, is soos ‘n atleet wat met nuwe ywer die pylvak bereik. ‘n Triomftog met die wenstreep in sig.

Sterf en opstaan

Die kruis het ‘n dwarsbalk wat my herinner om myself neer te lê – dit help my om nie ekkig te regeer nie. Die vertikale balk wil vir ons sê dat God staan. Regop. Hy regeer!

Golgota

Die kruis is ‘n belangrike simbool vir die Christendom. Golgota is die oomblik van vorentoe en agtertoe kyk in die menslike bestaan. ‘n Waterskeidingsoomblik.

O!

O Here! Dis ‘n uitroep! Nie noodwendig uit moeilikheid uit nie, maar van vreugde, want God is in die midde. ‘n Uitroep van verligting dat God nie ver is nie. Wysheid is om te weet dat God IS! Dis die ALEF-vers van hierdie TAU-perikoop; die vertrekpunt is om te weet God bestaan.

Smeking

Genade agterstevoor gespel is Noag. Ek is in ‘n ark van verlossing bo-op die chaos. Ek word onderskei van dit wat destruktief vernietig is. My smeek-gebed is dus verhoor. Ek is gered. Redding is nie net ‘n ontsnapping of wegraping uit omstandighede nie. Nee, veel meer: ek word beskerm. Ek word verdedig, ongeag die situasie waarin ek myself bevind.

Red

Die Here stroop ons ook van onsself. Hy hou ons binne onsself, maar Hy beskerm ons ook teen onsself. Selfvoldaanheid taan. Die gebede wat volgens jou nie beantwoord is nie, kom jy later agter dit was tot jou voordeel. God voorsien (of voorsien nie) omdat Hy vooruit kan sien. Sy bedoeling is altyd suiwer.

Lippe

Prys! Tahila se stambetekenis is om God op die troon te sien en die natuurlike uitvloeisel is om lofprysinge oor my lippe te laat kom. Hoe kan ek dit raaksien? Want U het my geleer! Die doel van die tong is nie om selfsugtig te murmureer nie.

Tong

Wanneer ek nuwe ontdekkings maak oor wie Hy is, is die natuurlikste reaksie om lof op my lippe te hê. My tong sal sing! Elke alfabetletter probeer sê wie God is. En tersefdertyd is dit ‘n spieël voor my.

Herderstaf

U leer my! Met die herderstaf word ‘n skaap nader getrek. So word ek geleer deur die Woord. Daar is teregwysinge waarop ek kan kies hoe om te reageer. Telkemale trek die Herder my nader. Met die herderstaf hou hy gevare op ‘n afstand van my af. Hy leer ons dat die jakkalse ons verhouding met Hom wil verslind. Hy leer my nie net van Homself nie, maar ook van myself.

Tien gebooie

Daar is beginsels wat God ons wil leer uit die wet. ‘n Opsomming verteenwoordig die beginsels van die koninkryk van God. Gravitasie is ‘n natuurwet – ‘n harde wet op papier. Maar as ek die wet verstaan, kan ek dit implimenteer om byvoorbeeld ‘n vliegtuig in die lug te hou. ‘n Ander wet word ingespan wanneer die wet van Aerodimika in werking skop.

Die ou rabbi’s het gepraat van die TIEN WOORDE. Padaanwysers.

Een: AANBID GOD ALLEEN. Hy is soewerein.

Twee: GEEN AFGODE NIE. Die kern daaragter is jou eie idee wat vorm gekry het. God wil hê ons moet SY opinie volg.

Drie: RESPEKTEER MY. Dit is vanselfsprekend.

Vier: DAAR IS RUS VIR JOU. Wanneer jy die kruis-boodskap verstaan, kan jy bly wees; daar is bevryding.

Vyf: EER JOU VADER EN MOEDER. Spring weeskinders dit vry? Nee. God wil hê ons moet sy wysheid volg. Wysheid word opgevolg deur begrip.

Ses: MOENIE DOODMAAK NIE. Daar is ‘n verskil tussen moord en oorlog. Onvergewensgesindheid, haat, woede en wraakgierigheid is selfvernietigend.

Sewe: WEES GETROU. Moenie egbreek pleeg nie. Hoe word getrouheid gemeet? Die tien gebooie is goeie padaanwysings.

Agt: WEES EERLIK. Laat jou ja, JA wees en jou nee, NEE. Dit wat jy sê, moet mense kan vertrou.

Nege: MOENIE ‘N VALSE GETUIE WEES NIE. Moenie een ding sê en ‘n ander ding doen nie. God is absoluut objektief goed! Altyd!

Tien: WEES VERGENOEGD. ‘n Groot woord wat alle kante toe tref.

Fil.4: I have learnt to get along happily whether I have much or little. I know how to live on almost nothing or with everything. I have learnt the secret of contentment.

Hand

Wanneer ek die Woord kies bo my eie keuses, openbaar dit my buite-mens asook my binne-mens. My dade aan die buitekant en my gedagtes. God se hand kom tot my redding; dit help my op die regte pad. Ons raak soms moedeloos, God nooit!

Waarna verlang ek?

Ek verlang om die essensie van my bestaan uit te leef. Om betekenis te vind. Om te sien hoe U die betekenis is – en gee. U gee my waarde. My doel. Daarin verlustig ek my.

Laaste vers

I can be sincere but also be sincerely wrong. In ons opregtheid kan ons soms verkeerd wees. Die spreker van PSALM 119 erken dit. Hy kom op ‘n punt waar hy nie vervulling ervaar nie – êrens moet iets fout wees. Hy besef hy moet steeds God se aandag soek. Hy kom by die gevolgtrekking uit dat om by God uit te kom, hou vir hom veiligheid in. Hy moet steeds nader getrek word; dit is tot sy voordeel. Hy bly steeds ‘n slaaf wat vrygespreek is – iemand wat nie pa staan vir sy oortredinge nie – een wat terugdraai na sy meester. Een wat uit vrye keuse sê ek kom terug na U; ek gee al my regte oor. Hy leer steeds hoe om God te vertrou. Na 176 verse voel dit of hy nog nie aangekom het nie…

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks

Epiloog

In hierdie gesprek oor PSALM 119 het ons heel dikwels die mikroskoop nader getrek om die Skrif forensies te ondersoek – vers vir vers. Hier aan die einde vat ons weer die verkyker om die groter prentjie in perspektief raak te sien.

Hierdie hele Psalmstudie gaan oor ons verhouding met God. Ons kan besig wees met die dinge van die Here en die Here van die dinge mis – dit was nie ons doel nie.

Die Hebreeuse alfabet is onuitputlik. Dit raak aan beginsels wat altyd-geldend is. Hy het dit vir ons gekodeer. Ons het dit probeer dekodeer om dit meer verteerbaar te maak. Happie vir happie. Een perikoop op ‘n slag.

Evangelie

Die hele Bybel – die evangelie – bestaan uit hierdie 22 alfabetletters. Dis die goeie nuus; ‘n verslag van opwindende inligting. Hierdie lied van die lewe is vasgevang in net 22 letters wat elkeen op sy eie, uniek nootfrekwensie vibreer.

Simfonie

Hierdie aflabet is die bladmusiek van die nuwe lied wat Hy vir sy bruid gee om te sing. Spreekwoordelik is dit geskryf vir ‘n tien-snaar-musiekinstrument. Hierdie Psalm het ‘n paar vals note geïdentifiseer en die geleentheid gebied vir enkele snare om ingestem te raak. So word vals note daagliks gestem en regstellings word gemaak wanneer die Woord bestudeer word. Nuwe insigte bring nuwe melodieë. Nuwe harmonieë.

Dans van die lewe

Twee figure dans in die rondte – kolksgewys en anti-kloksgewys. In teorie en in ervaring (wat die uitvloei van die teorie is). In PSALM 119 het ons die teorie geleer wat nou in die praktyk gedans kan word. Tydens die Hebreeuse troues het die bruid om die bruidegom gedans om te sê hy is die senterpunt – die ALEF! Alles gaan oor verhoudinge – vertikaal tussen my en God wat ‘n horistontale effek tot gevolg het. Mens tot mens. We are not called to do life alone.

Perikoop

Skematies het die agt verse elke keer ‘n spesifieke patroon gevorm – dit maak nie saak watter letter ter sprake was nie.

Die eerste vers was samevattend en inter-verwant tot die volgende sewe verse.

Die tweede vers het ons geleer van die gewoontes wat ons aanleer: die huis verteenwoordig ons verhouding en hoe ons dit uitleef.

Die derde vers gaan oor voeding; hoe om gesond te groei.

Die vierde vers gaan oor transformasie wat plaasvind deur jou armoede te erken. Ek het tekortkominge en het God nodig.

Die vyfde vers verwys na God se aandeel. Daar is dinge wat net Hy kan doen. Ek kan niks daaraan verander nie.

Die sesde vers haak dinge aan mekaar; beginsels van die vorige verse word verbind en saamgevat. Onvolmaak in die lig van die volmaakte.

Die sewende vers praat van vrede wat nodig is. Vrede is nie net die afwesigheid van oorlog nie.

Die agtste vers help ons om ‘n hoër vlak van verhouding te handhaaf nadat die vorige sewe verse verduidelik is.

Welgeluksalig

Slegs drie keer word die woord ‘geseënd’ gebruik. In die eerste twee verse en die twaalfde vers. Aanvanklik is dit die mens wat gelukkig is – wat welgeluksalig is. Die res van PSALM 119 is ‘n uitspel van hoe die mens geluk kan bekom. Die geheim wat verklap word is om die Here te dien. Eers dan kan ons vurige entoesiasme beleef. Vol vreugde en blydskap kan ons die lewensdans geniet. Dis ‘n lied wat uit jou hart uit kom.

Maar in die twaalfde vers is die fokus op God. Hy is lofwaardig! Wanneer jy na ‘n leermeester toe gaan, dra hy van sy kundige, geseënde kennis – ook op grond van ervaring – aan jou oor. Ek is geseënd omdat God die definisie van seën is. Sy Woord het absolute gesag.

Pêrels

‘n Pêrel het sy oorsprong in die donker waar ‘n sandkorrel die frustrasie veroorsaak het. In die perlemoenskulp word hierdie irritasie met sorg voorberei – soos wat die baarmoeder die saad ontvang. Dit word met sorg gekoester. ‘n Halssnoer is ‘n saamgestringde kosbare pêrels wat jy om jou hals dra. Om jou. Om jou wil! Iemand wat hom staal teen dit wat gedoen moet word, is hardnekkig.

Die halssnoer van PSALM 119 word gebruik om die bruid te versier. Om haar voor te berei vir die bruilof. Vir die Bruidegom. Vir die Geliefde.

Indeks

Proloog
Proloog
Alef
alef
Bet
Bet
Gimel
Gimel
Dalet
Dalet
He
He
Wau
Wau
Sajin
Sajin
Get
Get
Tet
Tet
Jod
Jod
Kaf
Kaf
Lamed
Lamed
Mem
Mem
Noen
Noen
Samek
Samek
Ajin
Ajin
Pe
Pe
Sade
Sade
Kof
Kof
Resj
Resj
Sjin
Sjin
Tau
Tau
Epiloog
Epiloog

Indeks